Man dood ná piksteel-aanval by plaashek

Argieffoto (Foto:
(Foto: David Ritchie/African News Agency/ANA)

ʼn 46-jarige boer is dood nadat hy gisteraand met ʼn piksteel op ʼn plaas by Witkop buite Nigel in Gauteng aangeval is.

Kapt. Johannes Ramphora, polisiewoordvoerder, het gesê die man het by die hek stilgehou toe ʼn onbekende aantal aanvallers op hom toegesak en hom met ʼn piksteel toegetakel het.

Die piksteel is op die toneel gekry, het Ramphora gesê.

Die man is klaarblyklik verskeie kere in die bolyf gekap en het vermoedelik probeer vlug voordat hy op die erf inmekaar gesak het, het Ramphora gesê.

“Een van die voertuie op die perseel is aan die brand gesteek. Bure het rook gesien en gaan ondersoek instel om die brand te blus, toe hulle die man langs die voertuig gekry het,” het hy gesê.

Volgens Ramphora was die man se onderlyf erg gebrand.

Sy vrou was in die huis tydens die voorval, het Ramphora gesê.

“In dié stadium lyk dit nie of enigiets gesteel is nie; niks word vermis nie. Die polisie ondersoek ʼn moordsaak.”

Niemand is nog in verband met die voorval aangekeer nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

73 Kommentare

jongste oudste gewildste
Johan

Nóg ‘n plaasmoord wat ontken sal word!

Johan

…maar laat 5 dakloses vermoor word, dan word ‘n spesiale taakspan dadelik op die been gebring.

Of laat 24 mense in ‘n taxi ongeluk sterf, dan is ramaphosa nog die volgende dag daar om sy medelye te betoon…

werner

net nog die werk van die kaders wat plase wil koop vir die bedrag van R0 dankie dat julle mense vermoor wat werkskep die wat op boer se plaas was is ook nou werkloos dankie regering vir al die hulp

Landie

Nog n boer minder wat nie meer kos op ons tafel kan sit nie. Maar Ramaposa wil n “nuwe stad” bou…..’n utopia….Mnr President jy lewe in ‘n droom wereld.

zis

Net die een deuntjie. Niemand is nog in hegtenis geneem nie!!!!!!!!!!!