Man dood ná polisie op betogers skiet

Argieffoto: SAPD

Die onafhanklike polisie-ondersoekdirektoraat (Opod) ondersoek die dood van ʼn man wat Dinsdag tydens ʼn betoging in Stutterheim in die Oos-Kaap geskiet is.

Kapt. Siphokazi Mawisa, woordvoerder van die polisie, sê ʼn groep van ongeveer 100 gemeenskapslede het voor die plaaslike munisipaliteit betoog oor werkloosheid. Die betogers het bande aan die brand gesteek, die pad beskadig en geboue aan die brand gesteek.

Volgens Mawisa is twee munisipale geboue heeltemal verwoes en nog twee geboue beskadig.

Moses Dlamini, woordvoerder van Opod, sê die polisie is na die toneel ontbied en by hul aankoms is polisiebeamptes deur lede van die gemeenskap aangerand. “ʼn Polisievoertuig is ook met klippe bestook,” het Dlamini gesê.

Volgens Dlamini het die polisie in die rigting van die betogers geskiet. “Een man is in die kop geskiet en na die hospitaal geneem. Hy is in die vroeë oggendure van 17 Oktober oorlede.”

ʼn Saak van moord word ondersoek.

Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie. Volgens Dlamini sal die toneel vandag herkonstrueer word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Andre ·

Dis juis omdat die polisie se hande afgekap is dat 100 mense soveel skade aanrig. Wat sal die skade wees as duisende mense betoog? SA polisie het te min regte. Misdadigers moet hardhandig behandel word. Dan sal dinge verander. Kriminele het meer regte as polisie and wets gehoorsame burgers.

Sarel ·

So Betogers wat alles afbrand het meer regte as wetsgehoorsame burgers of die Polisie. Die regering.het die Polisie ook uitverkoop

Fielies ·

Wens ons krieket was so sterk, 20miljoen skade vir die verlies van een.

AW ·

Regulation of Gatherings Act, 1993 (Act No 205 of 1993) read with

National Instruction 4 of 2014 – Public Order Policing: Crowd Management During Public Gatherings And Demonstrations

Parr 1/2

Paragraph 14.
EXECUTION OF PUBLIC ORDER RESTORATION OPERATION

1. The use of forse and dispersal of crowds must only be conducted by those members of POP trained in crowd management and equipped with the relevant crowd management equipment.

2. …

3. If the use of force is unavoidable, –
(a) the purpose of the offensive action must be to de-escalate conflict with minimum force to accomplish the goal and therefore the success of the action will measured by the result of the operation in terms of loss of life, injuries to people, damadge to property and cost;

(b) the degree of force must be proportional to the seriousness of the situation and threat posed in terms of situational appropriateness;

(c) it must be reasonable in the circumstances;

(d) the minimum force must be used to accomplish the goal: and

(e) the use of force must be discontinued immediately once the objective has been achieved;

(f) if the participants are going to be dispersed, make sure that they have enough escape routes in order to try and avoid serious injuries or possible deaths as a result of a stampede;

AW ·

National Instruction 1/2016
CHAPTER 6: THE USE OF LETHAL FORCE

(5) “In the case of crimes against property, irrespective of the value of the property, the use of lethal force in order to effect an arrest will never be permissible. Property can never be more valuable than the life of a human being.”

AW ·

“Arrest may lead to increased violence in same cases and thus defeat the principles of crowd management. In those circumstances it would often be more effective to wait for an opportune moment after the gathering, or to charge offenders at a later stage.”
= Principle Of Situational Appropriateness.

Estelle ·

Werkloosheid… ag nee maggies. Bak ñ vetkoek met deel van jou “child grant” ipv om dit uit te drink om van die ellende te vergeet. Maak skroot metaal bymekaar en verkoop dit. Maak sakke vol vullis uit die strate bymekaar en herwin dit. Werk val nie uit die lug uit nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.