Man dood ná rooftog by winkelsentrum

(Argieffoto: ER24)

Die owerhede stel ondersoek in na die dood van ʼn man tydens ʼn beweerde rooftog by ʼn winkelsentrum in Johannesburg.

Volgens Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het paramedici omstreeks 10:50 ʼn oproep ontvang oor ʼn beseerde man op die hoek van Beyers Naudé-rylaan en Duikerlaan in Randburg.

Nooddienswerkers het die slagoffer, vermoedelik in sy 30’s, in ʼn parkeerterrein aangetref, omring deur wetstoepassingsbeamptes.

“Die man het leweloos voorgekom en het klaarblyklik verskeie skietwonde opgedoen,” sê Meiring.

Hy is op die toneel dood verklaar.

Besonderhede oor die voorval is nog nie bekend nie, maar plaaslike owerhede ondersoek die saak verder.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Pieter ·

Nou hoe nou ou grote Cirsten van Gun frreee.
Kan hy Afrikaans lees

Samuel ·

Suid-Afrika het werklik in’n land van geweld verander. En dan gaan misdadigers in die toekoms met vuurwapens rondloop en wetsgehoorsame burgers ontwapen wees. Dit is nou indien die nuwe wet op vuurwapens goedgekeur word.

Persheks Adri ·

Ons móét dit baklei klaar! Ons boere gaan dit nie los nie so ek hoop hulle weet hier kom ‘n fight

Persheks Adri ·

Wapens in die hande van nog kriminele, maar ons moet ontwapen word voetsek

Karina ·

Jy moet regeer word en onder die duim gehou word. Onwettige vuurwapens mag maar die rondte doen, dit is OK. Ek dink hoed het geval en het ‘n duik op sy kop, nou dra hy ‘n hoed om dit weg te steek

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.