Man dood na skietery by Pta-nagklub

Menlyn Square. Foto: Google Maps-skermskoot

Menlyn Square. Foto: Google Maps-skermskoot

ʼn Man is Sondag in die vroeë oggendure dood in ʼn skietery by ʼn nagklub in Menlyn Square, langs die Menlyn-winkelsentrum.

Chris Botha, woordvoerder van Netcare 911, het gesê ‘n onderonsie het glo tussen mense by die nagklub ontstaan. “’n Uitsmyter by die nagklub het tussenbeide getree, waarna een van die mans wat glo in die onderonsie betrokke was, ʼn vuurwapen uitgepluk en die uitsmyter geskiet het.”

Volgens Botha is paramedici na die nagklub ontbied, maar is die uitsmyter kort na hul aankoms op die toneel dood verklaar. Die uitsmyter was glo in sy 30’s.

Volgens Botha is die vermeende skieter glo in sy vroeë 20’s. Dit is nog nie duidelik of die beweerde skieter in hegtenis geneem is en of hy van die toneel gevlug het nie. Die voorval word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Berhalet Beukes ·

Self voldane kriminele met geen agting vir lewe nie.. Wat maak jy met ‘n vuurwapen by ‘n nagklub?

James ·

Dit is goed om ‘n wapen te hê. Ons bly in die nuwe SA. In die 5 jaar wat ek in PTA gebly het, het uitsmyters twee mense doodgeslaan en een verlam! Uitsmyters moet met minder agressie optree. Hul wil baie dikwels mense seermaak.

CR ·

Dieselfde het die naweek in Drie Riviere – Vereeniging gebeur. Dit was ‘n bakleiery tussen ‘n groep jong seuns by ‘n kuierplek en op die ou einde is een doodgeskiet met 3 skote.

Karma ·

Jô!!! Julle ouens daar Noord van die Vaalrivier is rof!!! Wat loop soek mense nog in vandag se dae by nagklubs en sulke plekke? En vir wat daarmee heen gaan met ‘n vuurwapen? Dit is mos nou vir moeilikheid soek – almal weet die spul daar raak maklik gekuier en dan ruk humeure handuit! Eintlik is dit baie hartseer, opregte meegevoel aan die families en vriende van die oorledenes.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.