Man dood na skietery by vulstasie

Argieffoto

ʼn Man is dood en nog ʼn persoon beseer tydens ʼn rooftog by ʼn vulstasie in Randfontein, wes van Johannesburg.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het gesê paramedici het teen 13:10 op die toneel aangekom. “Die liggaam van ʼn man, glo ʼn verdagte in die rooftog, is voor die motor van ʼn veiligheidsmaatskappy aangetref. Die man het ernstige beserings opgedoen en is op die toneel dood verklaar.”

Volgens Meiring is ʼn tweede persoon, glo ʼn veiligheidswag, in die been geskiet. “Hy is op die toneel behandel voordat hy na ʼn nabygeleë hospitaal geneem is vir verdere mediese sorg.”

Die presiese omstandighede rondom die voorval is nog nie bekend nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.