Man dood, nog een gewond ná hul in motor geskiet is

Foto:@LimaCharlie1/Twitter

ʼn Man is dood en nog ʼn man word in die hospitaal behandel nadat hulle Sondagaand met skietwonde in ʼn motor in Vrygrond naby Muizenberg in Kaapstad aangetref is.

Ross Campbell, woordvoerder van ER24, het gesê hul paramedici het omstreeks 17:50 op die toneel aangekom. ʼn Paramedikus van ʼn ander ambulansdiens was reeds besig om die beseerdes te behandel.

“Hulle het albei skietwonde opgedoen en is vir verdere behandeling na nabygeleë hospitale gehaas.”

Mihlali Majikela, ʼn woordvoerder van die Wes-Kaapse polisie, het gesê een van die mans het intussen in die hospitaal aan sy beserings beswyk. Hy was 30 jaar oud. Die ander man, 25 jaar oud, word steeds in die hospitaal behandel.

Volgens Majikela behoort die motor waarin die mans gesit het aan ʼn e-ontbied-taxidiens. Die taxi’s word per selfoon-app bestel.

Die polisie ondersoek ʼn saak van moord en poging tot moord.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

daniel ·

Die groter gros van suid afrikaners is uiters geweldadig en korrup hoekom?.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.