Man dood oor groot nood

polisie-huisroof-crime

Argieffoto: SAPD/Facebook

ʼn 25-jarige man het vandeesweek in die hof verskyn in verband met die moord op sy 48-jarige buurman wat glo voor sy ouerhuis geürineer het.

Sers. Sinah Mpakae, polisiewoordvoerder, het gesê die oorledene het na bewering Saterdagmiddag in sy woonbuurt in Botshabelo in die Vrystaat geloop, toe hy voor sy bure se huis gestop en sy nood verlig het.

“Die verdagte, Tshepo Hlwempu, het die oorledene die volgende dag by sy huis gaan konfronteer. Die oorledene, wat alleen saam met sy agtjarige dogter bly, was besig om wasgoed te was,” het Mpakae gesê.

ʼn Bakleiery het ontstaan waartydens Hlwempu glo die oorledene met ʼn mes aangeval het. Die man is dood weens drie steekwonde. Hy het dié wonde aan sy bors, hand en rug opgedoen.

Die Boithuso-polisie is ontbied en Hlwempu is by sy ouerhuis in hegtenis geneem op aanklag van moord.

Hlwempu het reeds in die Botshabelo-landdroshof verskyn. Die saak is tot 1 November uitgestel vir sy formele borgtogaansoek. Hy bly in aanhouding.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Johnny ·

Laat my dink aan die man in Italië ‘n klompie jare gelede wat sy vrou 6 keer geskiet het tydens ‘ argument oor die tv afstandbeheer. Dit het seker ‘n langer aanloop as net water afslaan….

Leonie ·

Ai maar daar is mal mense in ons samelewing. Nou is ‘n kind sonder ‘n ouer. So hartseer en so onnodig.

Mark Mac ·

Kon dit nie net nog een huis aan tot sy eie huis uithou nie? Iets klink dodgy…

Onnodig ·

Dit is regtig rof, maar die kultuur in SA is nooit aangespreek nie, dus hou almal aan daarmee. Daar is nou openbare toilette orals, en netjiese garages en opslaantoilette, mense het nie meer nodig om op ander se gras water af te slaan nie, ek sien daagliks nog op die hoofwee hoe mense dit doen, dit is NIE meer nodig nie, dit is ook gevaarlik om op enige plek te stop ! En ek wil ook saamstem, as dit jou buurman is, wil jy vir my sê hy kon nie sy nood net nog een huis verder ingehou het nie?

christine ·

Ai reune doen so merk gemaak. Heng sien dit daagliks, Die Kaap is eers erg, daar ry n chloor- water kar af in Adderly op in Lang en kruis in Darling en skoonspuit so gaan dit heeldag. More maar weer so. Wat ek net nie kan verstaan nie hoekom dit altyd op of teen iets moet wees. ag nee man woefie.

Ano ·

Dis vieslik om teen iemand se heining of gras toilet toe te gaan. Ag nee man! Ons lewe in ‘n beskaafde land waar daar actually TOILETTE bestaan.

Mattewis ·

Ano, ek kan nie met heeltemal met jou saamstem nie. Jy is reg dat daar toilette bestaan, Maar dat ons in ‘n “beskaafde” land woon? Dit sal die dag wees! Alles behalwe – dis baie makliker om liewer jou onbeskaafdheid aan die wêreld ten toon te stel.

twakkies ·

Hulle doen dit al vir jare net daar waar hy wil. Geen skaamte of respek vir enige iemand anderste. As dit n ander kleur is wat dot doen is dit ontblooting em gaan ky yronk toe. Eenkeer te veel gedoen en nou het sy nood sy dood beteken

damon ·

eks betrokke by n buurtwag. ons sien gereeld sulke goed raak. die oortreders kom altyd met beskuldigings dat ons onnodig inmeng en allerhande woorde wat met p, d, h en k begin word ons tegesnou. kortom, die een wat “verkeerd” doen is eintlik reg en die een wat hom daaroor aanspreek is eintlik verkeerd. Ek sal nou nie ‘n mes uitpluk teenoor ‘n ou wat so iets in die straat voor my huis doen nie, maar ek verstaan dat die man kwaad geword het.

Sophia ·

Dis nou heel van die onderwerp af, maar wil dit graag deel. Ek het so ‘n paar maande gelede gelees dat baie van die geboue in Johannesburg s besig is om te verkrummel en dat hulle inmekaar gaan stort as gevolg van die mense wat teen die geboue urineer. Die suur veroorsaak dat die bakstene en sement totaal disintegreer… Dit lyk erg daar, veral by en naby die stasie… en die stank daar is onuithoudbaar! Die toerbusse stop daar om mense op te tel, en was ek geskok om te sien in watter toestand Johannesburg is! Hoop maar die DA kan dit red…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.