Man dood op kleinhoewe aangetref

Argieffoto: SAPD, Facebook

ʼn Saak van moord word ondersoek nadat ʼn 71-jarige man Saterdagoggend dood in sy huis op ʼn kleinhoewe naby Hibberdene in KwaZulu-Natal aangetref is.

Lt.kol. Thulani Zwane, woordvoerder van die polisie, sê bure het op die man se liggaam afgekom en omstreeks 09:00 die polisie ontbied. Volgens Zwane word vermoed dat die man verwurg is.

“Die deur van die huis was oopgebreek en dit is hoe die verdagtes toegang tot die huis verkry het. ʼn Windbuks en ander goedere is uit die huis geroof voordat die verdagtes op die vlug geslaan het,” het hy gesê.

Die man het vermoedelik alleen in die huis gewoon. Volgens Zwane het hy die huis gehuur.

Dit is nie tans bekend hoeveel aanvallers by die voorval betrokke was nie. Niemand is nog in hegtenis geneem nie.

Sake van moord en huisroof word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Muffin ·

Inside info. Hulle moes geweet het daar woon n ou man alleen.
So sal dit aanhou. Moord vir n paar rand se goedere.

Afrikaner ·

En vanoggend verneem ons dat Dions in die Ilanga Mall leeggemaak is, nie ‘n item het oorgebly nie.

Die mense soek nie grond nie, dis die moeilike pad, hulle soek die kitsklaar maklike pad.

Nico ·

Afrikaner, ek stem saam met jou. ‘n Parasiet was nog nooit vlytig en opbouend nie en bring niks tot stand nie. Verorber alles voor die voet!

Frikkie Geld en huis ·

Hulle kyk seker maar wat die ANC kabinetslede doen.

GRIET ·

SOOOO jammer,vir dié ou oom en sy naasbestaandes ?
Maaaar jaaaa…in ñ land, waar die krimineel en misdadiger NIKS OORKOM en amper VOORKEUR geniet,bo ñ wetgehoorsame burger,sál DIT SÓ GAAN

willem Botha ·

En moet nie vergeet dat die moorde so toeneem agv die feit dat SA nie regte polisie het wat misdaad kan of wil bekamp nie.

GM ·

Ja Willem, die polisielede wat iets wil doen, mag niks doen nie, want hul opdragte kom van bo. Dan is daar dié wat niks wil doen nie, maar net salaris wil trek. Die res maak deel uit van die kriminelegroepie.

Ek het een dag so geluister na die stories van twee oudpolisielede – hulle is deur hel om gekeur te word, en hulle is gereeld getoets daarna. Dit was nie net van aansoeke invul en daarsy nie. Hulle moes fiks wees ook. Kyk hoeveel van vandag se lede is oorgewig, en slaap terwyl hulle aan diens is.

Ek weet nie hoe die goeies aanhou om hul uniforms elke dag aan te trek, as die slegtes al hul harde werk ongedaan maak nie – Maar so gaan dit seker by enige werk.

GM ·

Sterkte aan die oom se naasbestaandes. Mag geregtigheid geskied, al vat dit hoe lank.

TLC ·

So jammer om te hoor
Sterkte aan famielies
Ek verstaan alle companys wat nou te wit is gaan volgende ge target word
Ek neem aan dit in n wit persoon
Dan is saak ok afgehand want dis mos nie nodig om verder te soek nie

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.