Man dood op plaas aangetref

plaas-polisie-veld

Argieffoto

ʼn Man se liggaam is Vrydag in sy plakkershut op die plaas Knelvlei buite Vrede aangetref.

Sers. Mmako Mophiring, woordvoerder van die polisie, het gesê ʼn omstander het Philemon Ngwenya (53) se bakkie in die veld nie ver van sy huis af gewaar nie en sy selnommer probeer skakel. Hy het daarna Ngwenya se familie in kennis gestel.

“Sy gesin het na die plaas gegaan en toe sy erg aangerande liggaam binne die plakkershut aangetref. Die voorval is omstreeks 20:30 by die polisie aangemeld en ʼn saak van moord is ondersoek,” het Mophiring gesê.

Mophiring verduidelik dat Ngwenya en ander vee-eienaars van Thembalihle hul vee op Knelvlei, wat deur die plaaslike munisipaliteit verskaf word, aanhou. Ngwenya het glo ʼn plakkershut daar opgerig om sodoende na sy vee te kan omsien.

Die motief vir dié wrede moord is nog onbekend.

Enigiemand met inligting oor die voorval wat kan lei tot die inhegtenisneming van die verdagte(s) kan Vrede-polisie by 058 913 8501/2 bel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Skyspy007 ·

Lykmy die misluktepaliteite verskaf nou sommer grond om te “boer” aan enigiemand wat nognie titelaktes ontvang het van ramapada nie

jaco ·

Gelukkig is die munisipaliteit (ANC) and die eienaar van die plaas, so dis seker maar net “gewone misdaad”. Was die plaaseienaar wit, het alle hel weer losgebreek met beskuldigings van rassisme, uitbuiting en apartheid.

IK ·

Cyril sê dis wolhaarstories, né Lindiwe? Sterkte aan die familie oor nog ‘n onsinnige moord.

Kanibalisme is oppad ·

In Deuterononium het mense hul kinders geeet weens armoede en voedseltekorte. Deesdae word daar meer munt geslaan uit organehandel van die weerloses.

vis ·

Hennie
Dit sal nie as ‘n plaasmoord aan geteken word nie. Daar bestaan mos nie so iets soos plaasmoord volgens die staat nie.

Tammy ·

Ek wed julle, as jy vir Ramaphosa en Lindiwe hiervan inlig en vra wat hulle daarvan dink sal hulle se “dit bestaan nie” hulle word beskerm en verdedig so wat gee hulle tweetjies om? Ja, ek hoop ook dit word as plaasmoord aangeteken.

PJC ·

As jy enige besittings het soos vee in hierdie geval is jou lewe in gevaar. Dit is veel makliker om te roof en te moor as om te werk.

Snip ·

Enige moord is `n wrede moord. Wreed hoe mens moet spartel vir jou lewe.

PJC ·

Volgens die koerante is hierdie plaas deel van die omstrede Vrede-projek.

Landi ·

Ja dis reg. Die man wat vermoor is, was een van die begunstigdes.

alida ·

Hoekom is ek nie verbaas nie . Die ander begunstigdes sal met oop oe moet slaap.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.