ʼn Man se liggaam is Vrydagmiddag op die N1-snelweg by Meiringspark, Worcester, in die Wes-Kaap gevind.
Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het gesê paramedici is na die toneel ontbied omdat ʼn voetganger na bewering raakgery is. Met hul aankoms op die toneel het hulle die man, vermoedelik in sy 40’s, in die regterbaan in ʼn plas bloed sien lê.
“Paramedici het die man ondersoek en bevind dat hy talle steekwonde opgedoen het. Hy het geen tekens van lewe getoon nie en is op die toneel dood verklaar.”
Volgens Meiring was die polisie op die toneel. Maroela Media wag op kommentaar van die provinsiale polisiewoordvoerder.
Ja, ‘n lewe is niks verd nie.