Man dood, polisievrou en drie ander gewond in skietery

(Argieffoto: pixabay)

ʼn Man is dood en drie ander mense gewond tydens ʼn skietery wat Sondag in ʼn nedersetting digby Middelburg in Mpumalanga uitgebreek het. Een van die gewondes is ʼn polisievrou wat nie tydens die voorval aan diens was nie.

Brig. Leonard Hlathi, woordvoerder van die polisie, sê die polisie is vroegoggend van ʼn skietery in die Mhluzi-nedersetting in kennis gestel.

Met beamptes se aankoms op die toneel het hulle ʼn 39-jarige man – wat as Sipho Samuel Magagula geïdentifiseer is – met koeëlwonde aan sy bolyf aangetref. Hy is op die toneel dood verklaar.

“Op die toneel is beamptes verder ingelig van drie slagoffers wat ook geskiet is, maar reeds na ʼn hospitaal geneem is vir verdere mediese behandeling,” het Hlathi gesê.

Die motief vir die skietery is in dié stadium nog nie bekend nie.

Die polisie is oortuig dat Bongani Willken Mkhomazi met die ondersoek kan help. Hy word dus versoek om dringend met hulle kontak te maak. Die polisie doen ook ʼn beroep op mense wat moontlik weet waar Mkhomazi hom bevind om hulle in kennis te stel.

Enigiemand met meer inligting wat tot die inhegtenisneming van die skuldige(s) kan lei, kan sers. Trinity Masemola by 083 246 3552 of Stop Misdaad by 08600 10111 bel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

2 Kommentare

jongste oudste gewildste
Genis

Wilde weste

Sarel

Wazr is die Minister se Woordvoerder dan.nou