Man dood, seuns langs pad beseer in ongeluk

Die motorbestuurder is in die ongeluk dood. (Foto: Rescue Care)

ʼn Man is dood en twee voetgangers, albei jong kinders, is beseer toe ʼn motor op die M25 naby Ohlange in Inanda naby Durban van die pad gery het.

Paramedici van Rescue Care het vanoggend omstreeks 08:30 op die toneel aangekom. Dit is nie bekend hoe of waarom die motoris beheer oor die voertuig verloor het nie, maar hy het twee kinders, onderskeidelik ses en agt jaar oud, langs die pad getref, het Garrith Jamieson, woordvoerder van Rescue Care, gesê.

“Die bestuurder van die motor is op die toneel dood verklaar. Die twee seuns is matig beseer en is na ʼn hospitaal vir behandeling geneem.”

Die polisie ondersoek die voorval.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Muffin ·

Ek wonder of het die bestuurder nie n hartaanval gehad nie. As ek kyk na die viertuig kan ek nie insien hoe jy kan sterf van die ongeluk nie.

Thomas ·

Die kar, vermoed ek, het gerol. Sien die skade op die dak. Seker sonder veiligheidsgordel, uitgeval en kar bo-oor hom. Soos baie ander wat net nie leer nie.

Thomas ·

Ja. Die bloedkol op die dak is steeds sigbaar, ten spyte die poging om dit te verbloem.

AmY ·

Ons buurman is dedtyds ook so dood.
Hy het ‘n epileptiese aanval gehad.
Hy het glad nie epilepsie gehad nie, net erge hoofpyne ‘n week vóór die voorval.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.