Athlenda Mathe, woordvoerder van Netcare 911, het gesê die voorval het omstreeks 10:30 in Lenchenlaan gebeur. “Ons vermoed die bestuurder het seker agtergekom dat die glas wat hy besig was om te vervoer los was agter op die vragmotor. Hy het uitgeklim en van die kant af probeer om die vrag vas te maak, toe die glas losgekom en op hom geval het,” het sy gesê.
Volgens Mathe was die man reeds dood toe paramedici opgedaag het.
Sterkte aan sy familie.
Arme man! Dis ‘n afgryslike ongeluk. Dit sou nog erger gewees het as die glas op die pad afgeval het. Daar het al verskeie kere goed van bakkies en trokke afgeval wat my amper getref het.