Man dood toe glas op hom val

Foto: Netcare 911

Foto: Netcare 911

ʼn Vragmotorbestuurder is Dinsdagoggend in Centurion dood toe ses ton glas bo-op hom geval het.

Athlenda Mathe, woordvoerder van Netcare 911, het gesê die voorval het omstreeks 10:30 in Lenchenlaan gebeur. “Ons vermoed die bestuurder het seker agtergekom dat die glas wat hy besig was om te vervoer los was agter op die vragmotor. Hy het uitgeklim en van die kant af probeer om die vrag vas te maak, toe die glas losgekom en op hom geval het,” het sy gesê.

Volgens Mathe was die man reeds dood toe paramedici opgedaag het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

M A ·

Arme man! Dis ‘n afgryslike ongeluk. Dit sou nog erger gewees het as die glas op die pad afgeval het. Daar het al verskeie kere goed van bakkies en trokke afgeval wat my amper getref het.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.