Man dood toe motor met tenkwa bots

(Foto: Verskaf)

ʼn Man het laat Saterdagaand noodlottige beserings opgedoen toe sy BMW teen ʼn tenkwa op die N17 naby Leandra, Mpumalanga, gebots het.

Die tenkwa het glo stilgestaan ten tyde van die voorval.

Die passasier in die BMW, wat vermoedelik in sy 30’s is, het ligte beserings tydens die ongeluk opgedoen.

Volgens Ross Campbell, woordvoerder van ER24, is paramedici om 00:08 Sondagoggend na die toneel ontbied, waar hulle die opgefrommelde motor in die pad aangetref het. Die brandweer en ʼn private nooddiens was reeds op die toneel.

“Die bestuurder het lewensondersteunende behandeling van ander nooddienste ontvang en is na die Mediclinic Highveld geneem. Hy het ongelukkig by die hospitaal aan sy beserings beswyk.”

Die passasier het steeds in die motor gesit en is deur ER24 behandel vir ligte beserings. Hy is ook na die Mediclinic Highveld geneem vir verdere behandeling.

“Die oorsaak van die ongeluk is nog nie in hierdie stadium bekend nie, maar die polisie was op die toneel en ondersoek die saak verder,” het Campbell gesê.

(Foto: Verskaf)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Anoniem ·

Deur die jare heen was al verskeie sulke ongelukke in daardie gebied waar vragmotors net eenvoudig in die ryvlak tot stilstand gekom het, meeste sonder agterligte.

Blomme ·

Gesien aan die wrak lyk dit na ń hengse spoed… Wat het vd aandklokreël geword as die noodhulpdienste daai tyd vd oggend ingeroep is?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.