Man dood toe motor teen brug bots

Die ongelukstoneel. (Foto: ER24)

’n Man is Maandagoggend dood nadat hy vermoedelik beheer oor sy motor verloor en teen ’n muur op die N3 in Heidelberg in Gauteng gebots het.

Volgens Russel Meiring, woordvoerder van ER24, is nooddienste omstreeks 09:45 na die toneel by die Spookbrug ontbied waar hulle die wrak van ’n motor op sy dak in die pad aangetref het.

’n Man, vermoedelik in sy veertigs, het in die noodbaan gelê, vertel Meiring. Die man het geen teken van lewe getoon nie en is op die toneel dood verklaar.

Die motoris het vermoedelik beheer oor sy motor verloor waarna dié motor gerol, teen die brug gebots en op sy dak te lande gekom het.

Die toepaslike owerhede was op die toneel om ondersoek in te stel, het Meiring gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Saint ·

Kan dit wees dat die man reeds dood was voor die motor teen die brug gebots het?
Wie sal weet?

Helena. ·

Waarom word dit spookbrug genoem? Klink baie scary vir my.

Atta ·

As jy op die brug stop en nie jou motor se handrem vastrek nie, begin jou motor oënskynlik opdraande te loop. Dis maar ‘n optiese illusie wat dit so laat lyk, maar in werklikheid loop die motor afdraande. Die brug was in die laat 70’s gebou oor die toe nuwe N3 en was sedert daardie tyd al bekend as die Spookbrug.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.