Man dood toe motor verskeie kere rol

Foto: Rescue Care Paramedics

ʼn Man is dood nadat ʼn motor Sondag in die vroeë oggendure verskeie kere op die M4-suid in Durban, net voor die Mooreweg-afrit, gerol het.

Garrith Jamieson, bedryfsdirekteur van Rescue Care-ambulansdienste, sê paramedici is net ná middernag na die toneel ontbied. Daar het hulle die wrak van ʼn voertuig aangetref waar dit op sy dak in die middel van die pad gelê het.

“Paramedici het die liggaam van ʼn man op die snelweg gevind. Hy het veelvuldige beserings opgedoen en is dood verklaar. Dit is nie bekend of die man die bestuurder van die voertuig was en of hy ʼn voetganger was nie. Daar was geen ander beseerdes op die toneel nie,” sê Jamieson.

Drie bane is vir verkeer gesluit terwyl nooddienste die toneel opgeruim het.

Jamieson sê geen ander voertuie was by die ongeluk betrokke nie en die oorsaak van die ongeluk is nie bekend nie. Die polisie sal die voorval verder ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Anoniem ·

Hoe nou? Di man moes di bestuurder gewees het hy kon ni di voetganger gewees het ni as hy was waar is di bestuurder dan. Kyk my hy het beheer verloor oor sy voertuig wat ongelukkig sy lewr ge eis het. Spoed kon dalk di oorsaak gewees het of hy moes rem vir iets in di pad

Dorothea Visser ·

So wat jy sê muffin is as ek middernag op die pad is en iemand stap voor my in of my motor se band bars of wat ookal nugtere rede, het ek gejaag en was ek dronk? Hoe onsinnig is jy tog nie!

Realis ·

@Dorothea – ons is baie nagte na middernag op die pad en Muffin is waarskynlik reg. Na twaalf kom niemand meer van die werk af nie maar beslis baie van kroeë af. Dis stil, daar is nie ander karre nie en dan gaan die spoed op en Klaasvakie kom bodder ook nog soms tussenin. Van die grusaamste ongelukke is te wyte aan drank en spoed.

SjN ·

In vandag se tyd is enige iets moontlik, soos 2 mans voor in n enkel kajuit bakkie en n persoon afgooi in die ry.

Abe ·

SjN,
Die insident waarna jy verwys het nie so gebeur nie. Jy het nie die hofsaak gevolg nie. Doorewaard het bestuur, Schutte het die kind afgegooi/gestamp, albei is skuldig bevind aan moord omdat hulle n gesamentlike oogmerk, die kind se dood gehad het. Dit is wat die hof bevind het. Moenie feite verdraai soos dit jou pas nie. Moenie dom wees nie.

PaulV ·

Abe; Maroela Media het op 6 Maart 2019 berig (Coligny-twee gevonnis):
“… Regter Ronnie Hendricks het in sy vonnisuitspraak gesê… Hy het ook gesê die hof aanvaar die getuienis van Bonakele Pakisi wat in die hof getuig het hy het gesien hoe Doorewaard en Schutte vir Mosweu van ‘n bewegende bakkie afgooi.” Let wel, die énigste getuie in die saak, Pakisi, het gesién hoe Doorewaard EN Schutte vir Mosweu van ‘n bewegende bakkie afgooi, en die hof het die getuienis aanvaar – ??? “Hy (regter Ronnie Hendricks) het wel ter versagtende omstandighede gesê die hof neem in ag dat die moord nie vooraf beplan was nie en dat dit nie die mans se direkte bedoeling was om te moor nie. Schutte en Doorewaard is albei eerste oortreders en dit, tesame met hulle persoonlike omstandighede, is ook in ag geneem.”
In Oktober verlede jaar het regter Ronnie Hendricks ook beslis die TWEE mans het Mosweu van ‘n bewegende bakkie afgegooi. Dit is wat die hof toé ook bevind het.
Hoe stryk dit nou met wat jy beweer, Abe? Het Maroela Media dan die feite heeltemal verkeerd weergee?

Marinda ·

Middernag kom ek van die hospitaal af na ñ besoek aan casualties, omdat my kind ewe skielik siek geword het, nous ek dronk? Ek sê maar net Muffin.

Shrek ·

@Muffin: *CTI Golf, *bestuurder vroeë dertigs (volgens Engelse berig) *vroeë oggendure??

Ken ·

Ja nee, in die land verstaan mense nog nie drank en pedale gaan nie saam nie…. Elke naweek se storie……

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.