ʼn Man is dood en nog een ernstig beseer tydens ʼn grusame trompop-botsing Woensdagoggend in Vanderbijlpark.
Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het gesê dit wil voorkom asof die twee bakkies reg van voor teen mekaar gebots het, waarna ʼn vragmotor teen die bakkies gebots en deur die ongelukstoneel geploeg het. “Toe die paramedici op die toneel aankom het die twee bakkies in die middel van die pad gelê en ʼn groot vragmotor het ʼn paar meter ver langs die pad gestaan,” het hy gesê.
Twee mans was in die bakkies vasgekeer en paramedici en brandweerdienste moes meganiese toerusting gebruik om hulle uit die wrakstukke te bevry. “Ongelukkig het een van die mans aan sy veelvuldige beserings beswyk kort nadat hy uit die wrak bevry is. Die tweede man is per helikopter na ʼn private hospitaal geneem vir dringende behandeling,” het Meiring gesê.
Die bestuurder van die vragmotor is nie beseer nie. Die polisie ondersoek die oorsaak vir die ongeluk.
Die vragmotorbestuurder het seker weer toe-oë en volspoed gery. Soos wat hulle altyd doen.
Die bestuurder van die bakkie wat hospitaal toe geneem is is steeds in teater, bid asb dat hy ok sal wees….
Volgens die webwerf van ER24 was die ongeluk op die R54.
Dit loop vanaf Potch. verby aan die noordekant van Vdb’park en deur die noordelike deel van Vereeniging, deur Drie Riviere en dan verby noord van die Vaaldam en dan na Villiers.