Man dood tydens skietery op insleepvoertuig

Die toneel. (Foto: Netcare 911)

Die bestuurder van ʼn insleepvoertuig is Sondag in Phoenix, Durban, doodgeskiet toe daar vanuit ʼn ander voertuig in die verbyry op hom losgebrand is.

Lt.kol. Thulani Zwane, woordvoerder van die polisie, het die voorval aan Maroela Media bevestig.

Volgens Zwane het die man in die insleepvoertuig gesit op Sunfordweg toe ʼn wit Toyota Etios verby ry en skote vanuit dié voertuig op hom afgevuur is.

Shawn Herbst, woordvoerder van Netcare 911, het gesê nooddienste is Sondag laatmiddag na die toneel ontbied. Paramedici kon egter niks vir die man doen nie en hy is op die toneel dood verklaar.

Zwane vertel dat die verdagtes ná die skietery ook ʼn VW Vivo gekaap het waarmee hulle op die vlug geslaan het. Die Toyota Etios wat die verdagtes agtergelaat het, is intussen gevind. Dié motor is vroeër die maand in Sydenham in Johannesburg gesteel.

Zwane het gesê die motief vir die skietvoorval is op die stadium onbekend. Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Maljan ·

Daar is natuurlik ook geen vingerafdrukke nie en dns toetsing vind net in Amerikaanse tv reekse plaas

De Villiers ·

Wat ń siek samelewing. En mense moet daagliks met hierdie omstandighede ń bestaan in Suid-Afrika voer. ‘n Land met ‘n moordsyfer van bykans 60 per dag waarvan die kriminele geen respek vir ander se lewens het nie. ‘n Simptoom van die regering en hul regstelsel, seker omdat die kriminele soveel menseregte het wat hulle beskerm, meer as die slagoffers s’n.

willem Botha ·

Die probleem is die polisie en net die polisie ,hulle doen nie hulle werk nie en die kriminele is nie bang om mense dood te maak nie want wat is die kanse dat hulle na die sogenaamde “ondersoeke” gevang sal word.Sorteer die polisie uit en die misdaad sal minder word.

marous ·

Misdaad word bestry deur voorkoming . Dit bestaan glad nie en die verrotte regering het die land se eerbare inwoners aan hul eie lot oorgelaat . Dis die waarheid .

Oujongvrou ·

Motief!!daar is nie n motief nie. Hulle moor sommer want hulle kan.

GM ·

Nee Willem, die probleem lê nie NET by die polisie nie. Net omdat iemand ‘n polisie-uniform dra, beteken nie dat hul kan maak soos hul wil nie. Daar is reëls en regulasies, en baie ‘puppets’ wat deur hul ‘puppet masters’ beheer word. Die regering aan bewind, is deel van die probleem. Mense soos Julius, en die mannetjie van die BLF, so ook hul volgelinge se mentaliteit, is ‘n groot probleem. Selfs ou Zuma is beheer, al sou mens dink dat hy die ‘main peanut’ in die pakkie van die land behoort te wees. Als is verrot.

LHS ·

Willem, ek mag dalk met jou ook saamstem maar die wetteloosheid kom nie van die polisie af nie. Daar is maar net soveel polisie wat nog werklik iets werd is maar die hoeveelheid sake is doodeenvoudig te veel. Vêrder kan ek jou ook verseker n ondersoekbeampte is nie n feetjie wat net n towerstaffie waai en daar staan die krimineel nie. Miskien moet eerder gekyk word na die totale verval van SA in geheel.

Schalk ·

Mede landsburgers en belasting betalers n vis vrot van sy kopkant.ditto.

George in Bloem ·

In hierdie land vandag probeer jy nie meer jou kompetisie klop met beter diens en pryse nie lyk dit my. Jy raak eerder van hom ontslae. …permanent. En dan kan jy maak soos jy smaak want wat is die kanse dat die polisiesirkus met Chico the Clown(with a hat)in beheer jou gaan laat boet? Bykans zero. Statestieke in die verband is skokkend om die minste te se. Hou in gedagte,arrestasie is een ding,om gevonnis te word iets heeltemal anders en om dan daai vonnis uit te dien is nou weer ‘n heel ander saak.Dink maar gerus aan Shabir Schaik en ander.Nee wat,die wilde weste is hier om te bly. Hou maar die skietgoed geolie en gelaai en gereed.Om Chico en sy manne in blou te bel is ‘n mors van ‘n oproep.Jy’s dood laaaaank voor hulle opdaag.

sweis ·

Ek stem saam met marous, misdaad moet voorkom word dan sal daar nie so baie ondersoeke wees nie.

Jerry ·

Die polisie het vier verdagtes binne ure gearresteer met die blou BMW skietery by n petrolpompstasie. Net dalk verras hulle ons weer met hierdie insident. Net soos wetgewing ons hande afkap, kap dit tog ook maar die polisie se hande af en net soos daar nog goeies onder ons is is daar ook goeies onder die polisie. Wanneer daar leidrade is is daar gewoonlik vinnig arrestasies. Misdaadbestryding op grondvlak moet nie oor dieselfde kam geskeer word as misdaadbestryding op politieke (korrupte) vlak! Nie almal is ANC/EFF/BLF en korrup nie!

Deway ·

Bring die doodstraf terug,die tronk is nie n afskrik middel nie en daar moet ons belasting betalers nog vir hul sorg

Andre Stander ·

Taxi mafia. Insleepdiens mafia. Konstruksie mafia. Dwelm mafia. Cash-in-transit mafia.

Brand en Bloei Suid Afrika….

Schalk ·

Andre jy is reg voeg net staats instellings en tenders by sowel as BEE.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.