Man dood, vrou beseer in KZN-ongeluk

Argieffoto

Argieffoto

‘n Man is Saterdag dood en sy vrou is ernstig beseer nadat hulle motor omgeslaan en verskeie kere gerol het in Hillcrest, KwaZulu-Natal.

Chris Botha, woordvoerder van Netcare911, sê die egpaar het op die M13 gery toe die man vermoedelik beheer verloor het en die motor teen ‘n grondwal af gerol het.

Botha sê die man was in die wrak vasgekeer. Hy is op die toneel dood verklaar.

Botha sê die vrou kon daarin slaag om uit die wrak te kruip. Sy is deur paramedici op die toneel behandel voor sy na ‘n nabygeleë hospitaal vervoer is vir verdere mediese sorg.

Die oorsaak van die ongeluk word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.