Man dood, vrou kritiek in Potch-aanval

misdaad-polisie-crime-scene-kent-williamson-5

Argieffoto: Kent Williamson

ʼn Bejaarde egpaar van Potchefstroom is Vrydagoggend by in hul huis in Miederpark aangeval.

Die man is vermoor en die vrou is kritiek beseer. Trudi Botha, eienaar van Electro Security, het aan Maroela Media gesê die veiligheidsmaatskappy het teen 05:30 ʼn noodoproep van ʼn buurman van die egpaar ontvang.

Daar word vermoed dat ʼn onbekende hoeveelheid verdagtes omstreeks 04:00 toegang tot die afgetrede egpaar se huis in Louwstraat gekry het deur oor die heining te klouter.

Hulle het vermoedelik met die egpaar se bakkie, ʼn Isuzu-dubbelkajuit, gepeuter. Die egpaar is glo buite die huis aangeval toe hulle gaan ondersoek instel het.

“Ons reaksievoertuig het saam met die polisie by die toneel opgedaag. Dit was ʼn gru-toneel wat met bloed besmeer was. Die egpaar is by hul agterdeur aangetref en volgens die erg getraumatiseerde bure is hul dubbelkajuitbakkie gesteel,” het Botha gesê.

Die man (69) is op die toneel dood verklaar. Paramedici van IMR het die vrou (67) in ʼn kritieke toestand na ʼn nabygeleë hospitaal gehaas.

Botha het inligting oor die gesteelde voertuig op veiligheidnetwerke versprei en is kort daarna deur Suzette Oosthuizen, wyk 2 se koördineerder van die AfriForum Buurtwag, ingelig dat buurtwaglede besig was om ʼn soortgelyke voertuig in hul gebied agterna te sit.

“Ons is voor 06:00 ingelig dat ons lede hulp benodig want hulle is besig om ʼn Isuzu-bakkie agterna te sit. Die bestuurder van die bakkie het die voertuig gerol. Dit het op sy wiele tot stilstand gekom en hy het weggejaag,” het Oosthuizen aan Maroela Media gesê.

Die bestuurder van die bakkie het daarna teen ʼn vragmotor gebots en steeds verder gejaag met die buurtwag kort op sy hakke. Kort daarna het hy weer die bakkie gerol, waarna die bestuurder te voet in die omliggende landerye ingevlug het.

“Buurtwaglede het hom daar aangekeer, waarna die man deur CB Security in hegtenis geneem is.”

Sers. Kelebogile Moleko, provinsiale polisiewoordvoerder van Noordwes, het die voorval aan Maroela Media bevestig. Sy het gesê in dié stadium blyk dit of drie verdagtes by die voorval betrokke was. Twee van die verdagtes het te voet gevlug toe die bakkie die eerste keer gerol het.

Die polisie ondersoek ʼn saak van moord en poging tot moord.

Die 28-jarige verdagte wat in hegtenis geneem is, moet Maandag in die Potchefstroom-landdroshof verskyn. Die soektog na sy twee medepligtiges duur voort.

Die name van die egpaar kan nog nie bekend gemaak word nie aangesien al hul naasbestaandes nog nie in kennis gestel is nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

27 Kommentare

Loraine ·

Die jagseisoen op ons bejaardes en blankes in die land is lankal oop. Hoekom die vreeslike wreedheid?????? Waarom? Waarom? Dit is bejaardes. Is die haat teenoor ons so groot? Wat dryf hulle? Ek is stomgeslaan!!! Wanneer is dit my beurt?

Cherokee ·

Julle gebruik so graag die woord’haat’. Haat is weerwraak gebonde. Die moordenaar wat gevang is, is 28 jaar oud. Hy was 5 jaar oud toe die anc beheer van die land geneem het. Apartheid het ophou bestaan lank voor hy gebore is. Verduidelik asseblief waarom jy van haat praat. Dit het niks met haat te doen nie maar wel met boosheid.

Jakoba ·

As dit nie haat is nie wat is dit dan? Ek wil ook graag weet. Dit is nie armoede nie, dit is nie hongerte nie, dit is haat en Gierigheid!

SNEL ·

Ja, dis beslis haat, want hulle hoor stories by pa, ma, oupas en oumas en al wat leef en beef oor hoe hulle (ouers en almal) te na gekom is in die verlede en wie weet wat word nog in hul koppe gevoer.

Annette Sartori ·

En dan sê ons nuwe polisiekommisaris ons soek aandag… wonder hoe sal voel as dit sy familie was.

tamboti ·

Waarom O waarom word sulke verdagtes ge-arresteer??????????????????????????????
En die sy lewe word gespaar/beskerm na al die gemors wat hy veroorsaak!!!!!!!!!!!
Dit is ‘n veragtelike belediging vir elke slagoffer, ‘n skop in die maag van die sterwende.

Koos B ·

Hoekom moet die skelm bly lewe en die wat moet lewe is nou dood.Innige simpatie aan julle.Ongelukkig gaan hy of ontsnap of R500-00 borgtog kry.

GR ·

Dit is nogal opmerksaam dat die verdagtes deur die buurtwag agterna gesit is en arrestasie gedoen waar was die polisie?

Marianne ·

Dis so hartseer dat ou mense geteiken word, hulle is mental weerloos, waarom hulle vermoor of aanrand?
Ons jonger mense moet meer betrokke raak by die OUES in ons gemeenskap, kinders moet of by hul ouers gaan bly of anders om, sodat ons mekaar kan beskerm en bystaan.
Sterkte aan die tannie, so hoop sy herstel.

Apie ·

Dis mos NORMAAL vir die polisie en regering . veral al die slagoffers wit was kraai daar geen haan ooit weer daaroor nie. Black Monday word afgelag . so as jy jouself nie verdedig nie, gaan niks vir jou gedoen word nie, jy wag verniet vir die regering of polisie om bekommerd te raak oor misdaad. 2023 sokkerbod het jou duidelik gewys wat dink die wereld van SA, maar hulle dink hulle doen wonderlik nes MUGABE dink hy was die beste president ooit in ZIM met ‘n werkloosheidsyfer van 93%.

Mara ·

Nog weer mense wat uitgaan om self ondersoek in te stel….. ? Gaan ons dan nooit leer nie? Hy sal seker ook borg toegestaan word want sy mense het hom nodig. Siek land hierdie en dit vererger net daagliks.

Woedend ·

Dit laat mens woedend. So ongenaakbaar. Die nuwe Polisie kommisaris moet liewer sy werk doen anders maak hy soos sy voorgangers, val in sy eie arrogansie. Geen mens het die reg om ‘n ander te mishandel en moor nie, wat nog te sê, ou mensie. Dan het die helsim nog 9 lewens ook. Ek stem nie saam wat Parys boere gedoen het nie, maar sulke tye verstaan ek hulle!!!!!!

pieter ·

Ai mense hoeveel keer moet daar nog gese word moenie uitgaan nie. Maak alarm as iets verdag lyk. Sterkte aan die familie

Lienkie ·

Net bly die een van die moordenaars is gevang, gewoonlik kom hulle weg, hopenlik word die ander 2 moordenaars ook gevang. Sterkte vir die familie.

Dirk Jonker. ·

Vra miskien “Wat” hy sou gedoen het as dit een van sy familie was.

christine ·

my innigste medelye aan die Tannie en hul famielie. Mag ons Vader hulle dra deur hierdie bittere trauma. Vader gee aan haar die krag en genade om van binne en buite te herstel. Ame

Hannes Slabbert ·

Ek kan nie glo dat mense so gewetenloos en harteloos kan wees nie. As ons egter na die uitsprake van sekere politieke leiers luister en kyk moet ons seker aflei dat daardie uitsprake in geweld ontaard. Ouer mense het nou teikens geword en die nuwe polisiekommissaris sal vinnig moet bewys dat hy instaat is om beheer te neem.Nie dat ek veel vertroue het dat hy dit gaan doen nie

Cornelia ·

Ja, ‘n bóse hart se vrug is háát/vyandskap teen God en medemens. Die dade is haatgedrewe! Liefdeloos en OnGodvresend! (Matt 5: 43)

Andrea ·

Cornelia, dit is die waarheid. Daarom kan n weerlose mens of dier verwoes en vermoor word sonder enige ander rede as haat. Die haat word met die moedersmelk ingegee. Die snaakste is dat daar baie van ons mense is wat dit nie besef nie, of weier om dit te glo.

Koos ·

Punt nommer een, moet asb nie uit jou huis gaan as jy sien of hoor daar is probleme nie, hoeveel keer nog gaan die blanke so gevang word

Chris Ws ·

Koos daar is seker al 2000 keer in die media gese “moenie uitgaan nie” maar wie steur hulle daaraan?Bitter min mense!Ontbied jou bure of buurtwag eerder as om self uit te gaan.
Innige simpatie met die tannie en familie.Mag sy volkome herstel.

PJC ·

Dit laat ń mens sommer lus voel om soos Donald Trump met groot geweld en vernietiging te dreig.

Andrea ·

Mense, daar is apparate te koop wat jy in en om jou huis installeer wat jou waarsku as iemand op jou erf beweeg. Dan kan jy alarm maak sonder om uit te gaan en jouself bloot te stel. Asb, belê hierin. Dit het ons al twee maal gered. Dit is nie so duur nie. Kinders, help asb jul ouers om sulke goed te koop en te installeer. Selfs op plase kan dit werk.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.