Die polisie is op die spoor van twee verdagtes nadat ʼn man tydens ʼn huisroof in Midrand, noord van Johannesburg, doodgeskiet is en sy vrou in ʼn kritieke toestand gelaat is.
Kapt. Kay Makhubele, woordvoerder van die polisie, het Dinsdag aan Maroela Media gesê niemand is nog in hegtenis geneem in verband met die voorval wat Sondag omstreeks 20:45 op die hoek van George- en Leverstraat in dié Johannesburgse voorstad plaasgevind het nie.
Volgens Makhubele het die verdagtes toegang tot die woning verkry waarna hulle die egpaar geskiet het. Die verdagtes het daarna met selfone en ʼn skootrekenaar op die vlug geslaan.
Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het gesê nooddienste is na die toneel ontbied waar die vrou, vermoedelik in haar 20’s, met ʼn skietwond aan haar skouer in die tuin gelê het. Die man het in die huis gelê en het ʼn skietwond aan sy bors gehad.
Die man het reeds aan sy beserings beswyk en is op die toneel dood verklaar.
Die vrou is op die toneel vir pyn behandel waarna sy na ʼn hospitaal in Fourways geneem is vir verdere mediese behandeling, het Meiring gesê.
ʼn Polisie-ondersoek is van stapel gestuur.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
12 Kommentare
Ons weet nie. Sê jy vir ons asb
Ek kan nog steeds nie begryp waarom die selfoon reuse, wat miljoene Rande uit SA se burgers maak, nie betrokke raak in die stryd teen misdaad en ELKE selfoon opspoorbaar maak nie. Hulle kan vir jou vertel presies wie jy gebel het, van waar af, en hoe lank jy gepraat het sodat hulle vir jou ‘n rekening kan stuur………..maar wanneer hulle ‘n selfoon moet naspoor na ‘n gewapende roof of moord……….dan nodig die polisie ‘n hofbevel om daardie inligting te bekom. Teen daardie tyd is die rowers lankal weg……
Maak nie saak wat se ras misdaadigers ie nie die feit bly staan die meeste misdadegirs word nie aangekeer nie
Dit gaan nie oor velkleur nie, iemand se geliefde is van hulle af weggeneem. Sterkte aan die familie en vriende van die egpaar.
Hulle so koelbloedig geskiet omdat hulle mees moontlik aanvaller geken het