Man dood, vrou kritiek ná huisroof

Argieffoto: Nico Strydom

Die polisie is op die spoor van twee verdagtes nadat ʼn man tydens ʼn huisroof in Midrand, noord van Johannesburg, doodgeskiet is en sy vrou in ʼn kritieke toestand gelaat is.

Kapt. Kay Makhubele, woordvoerder van die polisie, het Dinsdag aan Maroela Media gesê niemand is nog in hegtenis geneem in verband met die voorval wat Sondag omstreeks 20:45 op die hoek van George- en Leverstraat in dié Johannesburgse voorstad plaasgevind het nie.

Volgens Makhubele het die verdagtes toegang tot die woning verkry waarna hulle die egpaar geskiet het. Die verdagtes het daarna met selfone en ʼn skootrekenaar op die vlug geslaan.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het gesê nooddienste is na die toneel ontbied waar die vrou, vermoedelik in haar 20’s, met ʼn skietwond aan haar skouer in die tuin gelê het. Die man het in die huis gelê en het ʼn skietwond aan sy bors gehad.

Die man het reeds aan sy beserings beswyk en is op die toneel dood verklaar.

Die vrou is op die toneel vir pyn behandel waarna sy na ʼn hospitaal in Fourways geneem is vir verdere mediese behandeling, het Meiring gesê.

ʼn Polisie-ondersoek is van stapel gestuur.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Gemaskerde Sopbeen ·

Ek kan nog steeds nie begryp waarom die selfoon reuse, wat miljoene Rande uit SA se burgers maak, nie betrokke raak in die stryd teen misdaad en ELKE selfoon opspoorbaar maak nie. Hulle kan vir jou vertel presies wie jy gebel het, van waar af, en hoe lank jy gepraat het sodat hulle vir jou ‘n rekening kan stuur………..maar wanneer hulle ‘n selfoon moet naspoor na ‘n gewapende roof of moord……….dan nodig die polisie ‘n hofbevel om daardie inligting te bekom. Teen daardie tyd is die rowers lankal weg……

TTh ·

Elke selfoon gesprek word opgeneem en gestoor in data sentrums. Selfone kan lankal met GPS tegnologie voorsien word en so maklik opgespoor word sonder dat iemand die foon gebruik, maar nou ja, ‘almal’ moet geintegreerd kan saam werk, en dit sal nooit in SA gebeur nie – die land is te agterlik en val steeds verder agter die res van die wereld.

VODAC ·

Ek stem saam. hulle moet eintlik ‘n manier kry waarop jy ‘n nommer kan bel, jou password insit en die hele foon moet kan SMELT binne – in . ek kan nie glo dat mense DAAGLIKS vir selfone doodgemaak word nie .. dit is DUIDELIK dat dit nie onbruikbaar is as dit geswartlys is nie .. dit is BULL .. daar is klein shoppies in marabastad wat dit weer maak werk .. vir R50

Eugene ·

Gebruik jou iPhone se “Find Me” function gister my foon so terug gekry wat week gelede gevat is

Scruffie ·

Maak nie saak wat se ras misdaadigers ie nie die feit bly staan die meeste misdadegirs word nie aangekeer nie

Susan ·

Dit gaan nie oor velkleur nie, iemand se geliefde is van hulle af weggeneem. Sterkte aan die familie en vriende van die egpaar.

Whitey ·

Dit gaan ongelukkig deesdae daaroor, het jy al OOIT ‘n speech van Malema gehoor sonder die woord WHITES??? Selfs Ace en Ramaphosa en Zuma vergeet nooit om RAS te noem in hulle toesprake nie … Dit is hel tragies wat met die man en vrou gebeur het maar die regering se ONVERMOE om misdaad te bekamp raak ongelukkig ALLE RASSE …

Johan ·

Hulle so koelbloedig geskiet omdat hulle mees moontlik aanvaller geken het

Oujongvrou ·

Skiet mense dood vir selfone?? Kom nou, nie eers n laerskool kind glo dit meer nie. Dis huurmoordenaars wat groot geld maak deur anargie te veroorsaak.

Ag tog ·

Selfone, skootrekenaars ens. word maar net as n rookskerm gebruik! Daar le baie meer agter elke aanval en moord. :(

Kerrie Vlamskiet Briekstreep ·

.
.
My vrou en ek het albei ons 9mm pistole gekry in begin April vir selfbeskerming…dis so maklik…hoekom kry elke landsburger wat dit kan bekostig nie een nie…dra dit by jou,niemand weet eers jy’s “armed” nie.
.
.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.