Man dood, vyf beseer in N2-ongeluk

Foto: Netcare911

Foto: Netcare911

‘n Man is dood en vyf mense is beseer in ‘n botsing op die N2 naby Mandeni, KwaZulu-Natal.

“Een voertuig het glo ʼn ander voertuig gesleep toe die ongeluk plaasgevind het,” het Santi Steinmann, woordvoerder van Netcare 911, gesê.

Volgens Steinmann is ʼn man op die toneel dood verklaar. Een persoon is kritiek beseer en vier mense het ernstige beserings opgedoen. Die beseerdes is op die toneel behandel voor hulle na ʼn nabygeleë hospitaal geneem is vir verdere mediese sorg.

Die oorsaak van die ongeluk word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.