Man dood wat glo met treinbedrading peuter

Nooddienswerkers haal die liggaam van’n man wat met oorhoofse kragkabels geskok het, af. (Foto: Verskaf)

Nooddienswerkers moes Vrydag help om die liggaam van ʼn middeljarige man van die oorhoofse kragkabels bo ʼn treinspoor af te verwyder. “Die man se lewelose liggaam is Vrydagoggend aangetref waar dit met die kop na onder aan die oorhoofse drade bo die treinspoor in Rondebult, Gauteng, gehang het,” het William Ntladi, woordvoerder van die stad Ekurhuleni se nooddienste, gesê.

Die man het na wat verneem word doodgeskok terwyl hy met die 3 000 V-kragdrade bokant die treinspoor gepeuter het. Die identiteit van die man is nie bekend nie.

Sewe nooddienswerkers het gehelp om die liggaam met behulp van ʼn leer en toue van die 8,5 m hoë struktuur af te haal. Die kragtoevoer na dié deel van die spoor moes eers afgeskakel word.

“Die liggaam is aan forensiese patoloë en die polisie oorhandig, wat ʼn ondersoek na die voorval begin het,” het Ntladi gesê.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Andre ·

Noem ‘n graaf ‘n graaf. Hy het nie gepeuter nie. Hy is (was) ‘n kabeldief.

Wielspore ·

Gedurende 1996 het ek op ‘n jong man afgekom wat deur 3.3KV geskok is nadat hy probeer het om aan ‘n lewendige kabel te saag. Hy was gelukkig dat hy net brandwonde aan sy hande en gesig opgedoen het. Voornemende kabel diewe moet weet dat jy dalk met jou volgende diefstal poging die duurste prys kan betaal.

Hennie J ·

Nou stuur hulle die oorskot na forensiese dienste. Ag shame, so asof forensiese dienste nie jare agterstallig is met hulle werk nie.

Janee ·

Nou wat neuk die man dan????? Hulle kan mos sien hyt gesterf aan erge brandwonde…..wat gaan forensies nou help?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.