Man doodgemaak ná hy glo steel

Argieffoto

Argieffoto

ʼn 29-jarige man is Woensdag in Durban vermoor nadat hy daarvan beskuldig is dat hy gesteel het.

Kol. Jay Naicker, woordvoerder van die polisie, het gesê die man het glo by ʼn winkel gesteel waarna die eienaars van die winkel, 31 en 41 jaar oud, hom glo met ʼn mes in die nek gesteek het. Hy is op die toneel dood.

Die twee verdagtes is in hegtenis geneem op aanklag van moord en sal binnekort in die Durbanse landdroshof verskyn.

Lt.genl. Mmammonnye Ngobeni, provinsiale polisiekommissaris, het die inhegtenisnemings verwelkom. “Ons is baie bekommerd dat mense die reg in eie hande neem. Die polisie moet die ruimte gegee word om hul werk te doen deur die misdaad te ondersoek en seker te maak die oortreders ry aan die pen.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

anet ·

Lt Ngobeni, Ek dink dit is bietjie te laat dat julle nou so bekommerd is oor die feit dat mense die reg in hulle eie hande neem. Die polisie het genoeg ruimte om hulle werk te doen. Sommiges het te veel tyd om hulle werk te doen, en misbruik hulle mag in die polisie om ander mense te “Bully” en dan praat ek nie eers van al die korrupsie wat plaasvind in die polisiediens nie

scalla ·

Nog n bewys dat die mense keelvol raak vir misdaad en nie meer vertroue het in die gereg nie!

Annoniem ·

En so word die duiwelse krimineel weer die slagoffer, en die slagoffers wat hulleself en hulle eiendom beskerm die kriminele. Dis belaglik

MARTIN ·

Pragtig, kan ons nie iets doen om hulle op borg uit te kry nie.

CHRISTA ·

Waar ry oortreders aan die pen? Kyk waarmee kom Zuma en sy vrinne weg!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.