Man doodgery toe hy van aanvaller vlug

crime scene tapeHannes Baartman, ʼn 46-jarige man van George in die Wes-Kaap, is doodgery terwyl hy probeer het om van ʼn vermeende rower te vlug.

Kapt. Malcolm Pojie, ʼn polisiewoordvoerder, sê die voorval het Mandagaand omstreeks 20:40 plaasgevind. “Baartman het in Ballotstraat gestap toe die rower hom aangeval en verskeie kere met ‘n panga oor die kop geslaan het,” het Pojie gesê. Hy is ernstig beseer en het probeer vlug.

“In sy poging om weg te kom, het Baartman in die besige pad ingehardloop. ‘n Voertuig het hom getref en hy is op die toneel dood verklaar.”

Die aanvaller is kort ná die voorval in hegtenis geneem. Die 27-jarige verdagte gaan na verwagting Woensdag in die George-landdroshof verskyn op aanklagte van poging tot moord, roof en strafbare manslag.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

AmY ·

Ai, dis erg. Nou gaan die aanvaller seker net van aanranding, manslag en poging tot diefstal aangekla word. Hy het die man mos ‘dan nou nie vermoor nie’.

Jasper ·

In sekere lande sou hy terreg staan vir moord. Hy het die dood van sy slagoffer veroorsaak. As ek n voetganger per abuis doodry met my kar gaan ek staan vir strafbaremanslag

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.