Man doodgery wat agter hoed aan hardloop

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Man is Saterdag in Pietermaritzburg, KwaZulu-Natal doodgery toe hy agter sy hoed aan gehardloop het.

“Die man, in sy 20’s, is omstreeks 09:30 op die N3 naby ʼn afrit getref,” het Luyanda Majija, woordvoerder van ER24, gesê.

Die passasiers in die motor het aan paramedici gesê die man se hoed het afgewaai toe hy oor die snelweg gehardloop het. Toe hy aan die oorkant kom, het hy ontdek sy hoed het afgewaai en die motor het hom getref toe hy terughardloop om sy hoed op te tel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

chris ·

Geen voetgangers is toegelaat op n deurpad nie. Hoop die motoris kry trauma behandeling

Paul Smith ·

‘n Mens raak so gatvol vir hierdie commin opmerkings wat mense soos Mathilda maak, of is sy dalk kleurblind. Go Walzing Mathilda.

Steward ·

Paul, jy het regtig ‘n swak woordkeuse. Kan jy nie jouself in ‘n meer respektabele taal uitdruk nie?

Jen ·

Paul ek stem saam met jou. Wie se hy het nie daardie hoed as geskenk van n geliefde gekry nie. Dat daardie hoed vir hom so kosbaar is dat hy sy lewe gewaag het om dit terug te kry. Sterkte aan sy familie en aan die motoris.

pop ·

Steward wat maak dit saak hoe Paul praat, as jy so korrek wil wees loop koop n koerant en los maroela se mense. Mense wat so met n vergrootglas dophou na alles wat ander doen en se moet erg verveeld en eensaam en suur wees. Shame Steward is jy al baie oud???
En ja< onsensitiewe kommentaar laat n slegte smaak, snaaks is snaaks en dan is daar commin!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.