
Argieffoto
ʼn Man van Embalenhle in Mpumalanga, vermoedelik in sy 50’s, is Sondagaand laat in sy motor doodgeskiet.
Russel Meiring, ER24-woordvoerder, sê die man se motor het in die middel van die pad gestaan met die aankoms van nooddienspersoneel.
“Die man het oor die stuurwiel van die voertuig gelê, en was reeds oorlede. Daar was niks wat nooddiensbeamptes kon doen nie,” sê Meiring.
Die man het glo verskeie skietwonde aan sy liggaam gehad.
Die omstandighede rakende die voorval is nie in dié stadium bekend nie. Plaaslike owerhede was op die toneel om ʼn ondersoek van stapel te stuur.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
3 Kommentare
Emba (afkorting) is geleë naby Secunda en was voorheen die swart woongebied ‘Onverwacht’.
Sterkte aan die man se naasbestaandes. Weereens egter ook ‘n bewys van hoe maklik vuurwapens bekom kan word, dis die afleiding wat ek maak.
By 99% van plaas aanvalle en ook stedelike aanvalle en huis rowe word daar altyd vuurwapens geroof en dit word dan weer aangewend vir misdaad. Die wet wat ingestel is dat jy n kluis moet hê, het egter tot gevolg dat meer wapens gesteel word want nou as iemand n kluis in jou huis sien moet daar mos n vuurwapen in wees. Ek persoonlik dink as jy jou vuurwapen eerder op n ander plek wegsteek as in n kluis, het jy n beter kans dat dit nie geroof kan word tydens n aanval nie. Plus jy kan dit dalk vinniger… Lees meer »