Man doodgeskiet in motor

Argieffoto

ʼn Man van Embalenhle in Mpumalanga, vermoedelik in sy 50’s, is Sondagaand laat in sy motor doodgeskiet.

Russel Meiring, ER24-woordvoerder, sê die man se motor het in die middel van die pad gestaan met die aankoms van nooddienspersoneel.

“Die man het oor die stuurwiel van die voertuig gelê, en was reeds oorlede. Daar was niks wat nooddiensbeamptes kon doen nie,” sê Meiring.

Die man het glo verskeie skietwonde aan sy liggaam gehad.

Die omstandighede rakende die voorval is nie in dié stadium bekend nie. Plaaslike owerhede was op die toneel om ʼn ondersoek van stapel te stuur.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Plek ·

Emba (afkorting) is geleë naby Secunda en was voorheen die swart woongebied ‘Onverwacht’.
Sterkte aan die man se naasbestaandes. Weereens egter ook ‘n bewys van hoe maklik vuurwapens bekom kan word, dis die afleiding wat ek maak.

Alida ·

Die wapens wat veronderstel was om vernietig te word is net so weer uitgedeel aan die kriminele. Waar en wanneer is dit vernietig? Hoekom wys hulle ons nie waar dit vernietig word nie. Elke jan rap en sy maat het nou ‘n vuurwapen. Wat hy waar kry? Mens het net een breinsel nodig om dit uit te werk.

anton ·

By 99% van plaas aanvalle en ook stedelike aanvalle en huis rowe word daar altyd vuurwapens geroof en dit word dan weer aangewend vir misdaad.
Die wet wat ingestel is dat jy n kluis moet hê, het egter tot gevolg dat meer wapens gesteel word want nou as iemand n kluis in jou huis sien moet daar mos n vuurwapen in wees.
Ek persoonlik dink as jy jou vuurwapen eerder op n ander plek wegsteek as in n kluis, het jy n beter kans dat dit nie geroof kan word tydens n aanval nie.
Plus jy kan dit dalk vinniger bereik as wat jy eers n kluis moet gaan oopsluit.
Of jou kluis moet so weggesteek wees dat dit nie maklik gekry kan word nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.