Man doodgeskiet in OR Tambo-kapingsdrama

Argieffoto

ʼn Man is Maandagaand naby die aankoms- en vertrekgedeelte van die OR Tambo Internasionale lughawe doodgeskiet.

Die man was glo op pad na die lughawe in ʼn Hyundai H1-bussie toe skote op hom afgevuur en die bussie gekaap is.

Talle gerugte doen sedert Maandagaand die ronde op sosiale media, onder meer dat die voorval met ʼn bende gekoppel kan word of selfs ʼn sluipmoord was.

Genl.maj. Sally de Beer, woordvoerder van die polisie, sê egter die polisie kan nie dié gerugte bevestig nie, maar wel dat die oorlede man gekaap is.

“Die man het ʼn groep van ses mense vervoer toe ʼn ander motor hom van die pad probeer dwing het. Hy het aanhou ry, en toe hy na die lughawe toe afdraai, het twee ander motors hom geblok. Die bestuurder is deur die kapers doodgeskiet, en hulle het met die H1-bussie asook die ses passasiers op die vlug geslaan,” sê De Beer.

Die passasiers is later in Rhodesfield, Kempton Park, agtergelaat nadat hulle van onder meer hul rekenaars en selfone beroof is.

Die lughawe het die voorval bevestig en gesê hulle wag vir die polisieondersoek om afgehandel te word.

ʼn Man het aan EWN gesê die voorval het “soos iets uit ʼn fliek gelyk”. “Voor jy kon sien, was die voertuig [van die kapers] se deure oop, en drie mans het uitgespring en losgebrand. Die man het op die pad gelê – dit het gelyk of sy liggaam in stukke geskiet is,” het hy gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

30 Kommentare

Ai ·

In die video klink dit of dit mense van oorsee is wat in die bussie was. Die kapers het heel moontlik geweet dit was besigheids mense van oorsee want duidelik het hulle nie die bussie gesoek nie maar dit wat in die bussie was….

Wonder hoeveel keer dit gaan gebeur voordat agenstskappe nie meer mense gaan aanraai om na S.A toe te kom vir vakansies of besigheid nie?

Joe ·

Agnetskappe beveel alreeds mense aan om nie na SA te reis nie, ons beveel ook ons kliente aan om nie hierna toe te kom nie, en dat ons eerder sal reis na hulle.

Ai ·

Maar hier kom nog heelwat toeriste hiernatoe, dit se nou op ENCA ons het n tourism “boom” – meestal Swede en Franse (nie verbaas oor dit nie)

Dollar ·

Moenie dat TOERISME in SA vir julle ‘n aanduiding wees van hoe GOED dit hier gaan nie, dit gaan oor WAARDE VIR GELD. Die RAND Is niks werd nie so enige oorsese toeris wat in pond of euro of dollar hier kom vakansie hou het ‘n BALL, hulle kan ‘n pragtige land (ek praat van natuurskoon) sien vir ‘n paar euro of pond .. in vyfster hotelle bly en vyster etes geniet vir ‘n handjie vol coins. Hulle is te dom om te weet hoe misdaad in SA werk, hoeveel oorsese toeriste is al aangeval? ‘n HELE klomp, selfs op TAFELBERG, dit word net stilgehou .. jy kan nie eers meer as die son sak op die strand gaan stap nie … AL HOEKOM toeriste nog na SA flock is omdat dit BEKOSTIGBAAR is .. soos dit vir ons bekostigbaar is in THAILAND ….!! Moet ook asb net nie ENIGE Statistieke wat in SA uitgereik word, glo nie .. Kyk na die misdaad statistiek .. moorde word as HUISROOF aangeteken so hoe kan jy nog enige syfers glo wat deur die regering vrygestel word.

m ·

Hierdie klink soos n sluipmoord. Liewe hel wat gaan aan in hierdie siek land.

MissDemeanor ·

Jumping to conclusions… dit kon netsowel n kaping en roof gewees het.

Danie ·

Naïwiteit is die hoofoorsaak van die wat nou in die land gebeur. Mense het ‘n fantasie land in hulle verbeelding gebou waar almal beskaaf is en in vrede vir mekaar Kumbaya sing en handjies vas hou. Ongelukkig verskil die werklikheid hemelbreed van daardie fantasiewêreld en word mense elke dag daaruit geskok. Mense leef nie in vrede die meerderheid ly aan die wêreld-skuld-my sindroom en vertrap alles in hulle selfsugtig pad om dit te kry.

Mickey ·

Stem heeltemal met jou saam. Dit kom van ‘n minderwaardigheidsgevoel wat net sal verdwyn as hulle begin leer dat werk die enigste manier is wat mens verdien om beloon te word.

Gert ·

Ware woorde. Bly iemand se dit bietjie. Kommentaar soos wat word van die land en die land raak nou siek is so hartseer. Of is almal so naïef dat die media en regering ons om die bos kan lei? Hierdie gebeure gebeur elke dag vir menigde jare al. Ons moet dalk die sport die tv en die brandewyn los en ons oë oop maak…

Dirk01 ·

Dit is algemene kennis dat toeriste van lughawe beroof word, die minister het in die parlement erken polisie is betrokke met smokkel van dwelms .Misdaad is buite beheer nou wil die nuwe minister van polisie strenger met vuurwapen lisensies wees , die krimineel bring net weer oor die grens wapens of steel by die staat .Polisieer die polisie met wapens wat verlore raak en begin jou immigrasie wette strenger maak …. of soos hy noem ons brothers.Dalk like ons brothers dit nie

thelsa ·

Soos wat in die Grootste Afrikaanse Sondagkoerant gepubliseer is, is dit ‘n fgeit dat onse eie SAPS bang is in hierdie land. Rampokkers en misdadigers het meer toegang tot vuurwapens. Wette beskerm hulle en die reg kan niks doen nie. Ons moet nog net amptelike tot ‘n Banana Republic verklaar word.

Cherokee ·

Ek woon in die piesangprovinsie van die land. Hoe moet ons nou voel to be living in a banana province ruled by a banana government!

Nettie ·

@Cherokee – lekker lag ek nou vir jou “banana”-provinsie geregeer deur ‘n “banana”-regering. Kan ek raai dat jy òf in Limpopo óf in Mpumalanga bly?

Jan maak n Plan ·

En steeds keur die buiteland alles goed. Lekker hand om die blaas met die ANC regering.

Ai ·

Die res van die wereld wil juis n onstabiele Afrika he- daar is plekke in Afrika waar dit baaaaaie erger gaan as hier en hulle gee nie om nie, inteendeel verskaf lande soos Amerika wapens aan die diktators want hoe meer korrup, hoe beter vir hulle (kyk maar na Uganda)

As die Weste so omgegee het oor mense regte soos hulle se, hoekom plaas hulle geen druk op hul Midde Ooste vriende soos Saudi, Bahrain, Qatar ens nie? Die Weste se beheptheid met mense regte in ons land is net n sielkundige wapen om die meerderheid in vrees en woede gevange te hou want hulle staar hulle blind teen wat rerig aangaan. (It’s wat n sekere premier dekades terug al wou verhoed en doodgemaak was voor)

Scalla ·

Die vliegveld se naam gaan seker verander word na die skietveld.

Hoekom ·

Ek wil weet hoekom hierdie tipe van dinge nie voor 1994 plaasgevind het nie??? HOEKOM het misdaad nou toegeneem?Hoekom het misdaad handuit geruk? En asb dont’ blame it on Apartheid, en nee ek verlang nie na Apartheid, nie, en verlang na ‘n tyd toe jou LEWE IETS WERD WAS, en nee ek moan nie net omdat wit mense nou ook aangeval word nie, die gewilde radio-omroeper wat trompop geskiet was met sy vriend was swart . so wat se julle nou?? Hoekom gebeur dit nou al hoe meer? Wittes op plase, swartes by kuierplekke . die moorde en aanvalle neem toe. Die ANC en EFF dink mos dit is die wittes se verdiende loon, hoekom word swartmense dan nou ook teen ‘n spoed vermoor?

E. Swart ·

Oop grense. Werkloosheid. Dwelms. Pornografie. Korrupsie. Maar veral dwelms.

Frans C ·

Die antwoord is redelik eenvoudig en voor die hand liggend.Die regeerders het wetteloos geword en stel eie belang bo die van die mense wat hul gekies het.
So het die klakkelose (sonder om oor die gevolge na te dink) oorgawe van mag
‘n trapklip (stepping stone) geword na rykdom en prestasieloos hoë salarisse en lone.In die dolle jaagtog het alles waarvoor hul eintlik gekies om oor te regeer in duie gestort, alles van wieg tot graf, van hospitaal tot begraafplaas.

In die chaotiese toestand floreer sekuriteitsmaatskappye en privaat gesondheidsdienste en
betaal die belastingbetaler op die keper gesien dubbeld vir die dienste,want sy belastinggeld
word roekeloos spandeer sonder om aangewend te word vir die doel waarvoor dit betaal is.

As jy dus om die tafel gaan sit en onderhandel met diegene wat God en sy gebod verag en Jesus gebruik as ‘n voorbeeld van ‘n vryheidsvegter kan jy nie beter resultate verwag nie, want alle misbruik van regeringsmag is ook ‘n verwerping van God, omdat die mag ook van God afkom as ‘n gedelegeerde mag, volgens die skeppingsverhale.

Johann ·

Ek het ‘n artikel gelees oor hoe die ANC vergelyk word met Idi Amin. Gedurende Amin se bewind is al die wittes uitgejaag het. En toe op die Indiers gedraai het en ook op die ander stamme. Ek glo dat daar geen nut is om te praat oor alles wat gebeur nie. Ek stel voor: Verlaat die land terwyl jy kan en as jy kan.

Agterdogtig ·

Ek is jammer maar hierdie tipe aanvalle asook sekere plaas aanvalle klink nie vir my na gewone misdadigers nie. Eerder na hoogsopgeleide weermag tipe mense. Geen krimineel wat ‘n misdaad wil pleeg het die wapens of skills wat hierdie tipe ouens het nie. Ek dink nie ons land se mense word meer geteister deur misdadigers nie, eerder ‘n hoogsopgeleide taakmag van mense met skills en wapens wat ons weermag nie eers nie. Wat gaan regtig hier aan?

Justice ·

Ons is lankal verby `n piesang republiek – ons het vrot vrugteslaai status bereik met te veel papajas wat die land oordonder en probeer regeer. Waar val die nuwe “skiet uit die heup keystone cop” minister van polisie nou uit wat wettige vuurwapen lisensies wil verminder? Boswell Wilkie het groot kompetisie met die regering van die dag.

zoom zoom ·

Dit is hoekom ons in Gauteng verwys word as GP. Gangsters Paradise

Dirk01 ·

Die swartes in townships lewe self in vrees, dit is chaos agv drink plekke , geraas as ook ernstige geweld . Die polisie vermy ook sekere areas .Miskien moet die weermag meer produktief gebruik word

Johann ·

Als deel van n beplande ANARGIE bedink en bedoen deur n terroris vir n president en sy kordonne van korneute wat steeds doen wat hulle opgelei is om te doen. Veroorsaak onstabiliteit en vrees dmv brand en breek en moor en steel en verwoes. Verwoes en beheer staatsinstellings wat toegang het tot miljarde om dit te finansier. N Copy en Paste voorbeeld van Afrika wat homself verbrand en verkrag ten koste van n kintinent…ter wille van “bevrydings organisasies” en ideologie wat n halwe aktiewe breinsel verlang.

Theresa ·

Wanneer word daar dan meer personeel aangestel en kameras om hierdie tipe ding te kan voorkom by die lughawe? Moet als dan eers tot niet gaan (blykbaar reis en kuiertjies ook) voordat die slim mense wakker word? Maak mens nie net moedeloos nie, maar ook mrg.

marous ·

Naam moet dalk verander na “Watch Out International” of ” Bam Bam “

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.