Man doodgeskiet, ma verkrag tydens rooftog

Argieffoto Foto: enca.com

Argieffoto Foto: enca.com

ʼn Man is doodgeskiet en sy bejaarde ma verkrag tydens ʼn rooftog Maandag in Malvern in Johannesburg.

Konst. Thabo Malatji, woordvoerder van die polisie, het gesê die 63-jarige man en sy 85-jarige ma is omstreeks 10:00 deur twee gewapende mans oorval. “Die verdagtes het die vrou se hande en voete met skoenveters vasgebind voordat hulle haar verkrag het,” het hy gesê.

Die rowers het die man daarna na die gesin se nabygeleë snoepwinkel gedwing, waar hulle ʼn onbekende bedrag kontant en kruideniersware gesteel het. Voordat hulle gevlug het, het hulle die man in sy kop geskiet. Hy is op die toneel dood.

Volgens Malatji is die polisie se ondersoek bemoeilik deur die man se hond wat getrou by sy eienaar se liggaam gewaak het. “Die hond het heeltyd by die man se lyk gesit en wou nie die polisie naby hom toelaat nie. Ons moes die Dierebeskermingsvereniging (DBV) vra om die hond te kom verwyder voordat ons naby die liggaam kon kom,” het hy gesê.

Hy het gesê dit is nie duidelik wat die aard van die bejaarde vrou se beserings is nie, maar sy is na ʼn hospitaal geneem om mediese behandeling te ontvang.

Die polisie ondersoek ʼn saak van moord, verkragting en huisbraak. Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

34 Kommentare

Riaan ·

Dis so hardseer om te sien mense van tot 85 word verkrag en verniel ons land is so vervalle waar het alles so skeef geloop dat ons mense vandag nie meer eer aan ons bejaardes nie dis n sonde God moet kom en die vuil en sieklike wereld kom vernietig

Paul ·

Elmarie,
Net die booswigte het oorgebly en al hoe minder fw dissipels verdedig hulle held.

Inge ·

Hoe siek moet jy wees?! Ek is verslae…ek kan dit regtig nie glo nie…

J. Botha ·

Hi Phillip
Glo dit gaan goed met jou?. Die Woord van God sê: Ek sal jou nooit begewe en nooit verlaat nie. Vader is ons Ewige Hoop. Mooi dag vir jou. Sy beloftes is ja en amen. Hy sê ook Sy Woord sal nie ledig na Hom toe terugkeer nie ………..

Tdw ·

Ons almal weet mos waar dit begin skeef loop het! Ons mag dit net nie hardop sê nie en mag dit glad nie in ons kommentaar laat blyk nie. Anders word ons aangekla vir die groot ‘r’ woord. Laat mense sonder waardes iets oorvat en alles gaan ten gronde. Mag die moedertjie sterk wees in die moeilike tyd wat vir haar voorlê.

Theresa B ·

Hulle het gevat wat hul wou hê. Is dit nodig om die man koelbloedig in die kop te skiet en nou die bejaarde wat in hierdie wêreld 85 geword het – so te verniel. Julle siek gemors.
Ek stem Riaan. Maar hoeveel mense moet nog so seerkry? Dis vat aan ‘n mens om hierdie goed te lees.

Casey balt ·

Die mans wat die mense aangeval het was hulle wit of swart dit word nooit geniem nie en ek glo ons het n reg om te weet, as n wit man verkeerd teen n swart mens optree word daar vinnig kleur in die mix in gebring maar sodra daar nie blankes betrokke is,is dit n geheim

tamboti ·

Casey dis wat ons wil hoor, maar rassisme werk mos net een rigting in NSA. Die tweede verskoning is dat daar is mos baie meer swartmense en daarom lyk dit of daar meer van hulle is wat misdaad pleeg, maar dit is “nie waar nie” Die derde verskoning is armoede en ons wit mense wil mos nie deel nie!
Maar niks verskoning as een witte misdaad teen anderskleurige pleegnie dit is net rissisme. So sal dit bly tot Jesus weer kom.

PAM ·

AG NEE REGTIG WAAR, HOE SIEK EN SADISTIES MOET JY WEES OM TE VERKRAG EN BOONOP ‘N DAME VAN 85 JAAR OUD. AG NEE MAN KASTREER AL DIE WAT VERKRAG EN BRING DIE DOODSTRAF TERUG. AS JY WIL STEEL, STEEL DAN MAAR LOS DIE MENSE UIT. VAT WAT JY WIL EN LOOP.

Berhalet Beukes ·

Dis presies wat die varke wil hê dat ons van ons koppe af raak… En ons doen want hull tree erger as barbare op! Waarom neem ons media huise dít soort nuus nie sonder ophou internasionaal nie en doen iets van waarde!

Indigo ·

Dit is vreeslik erg om dit te hoor, my innige simpatie met almal betrokke asook die Arme hond, ek hoop dat die Tannie hom sal gaan haal by DBV waneer sy beter is, en hy nie net uitgesit word omdat niemand hom gaan vat nie.

J. Botha ·

Hallo almal
Die Woord van God sê: Lewe en Dood lê in die mag van die tong en die een wat dit gebruik sal die vrug daarvan eet, ek preek nie vir julle dit geld ook vir my. Lief vir julle almal. Seën vir julle.

Lettie ·

Hoekom, hoekom die oom in die kop skiet nadat jy gesteel het. Vat wat jy wil hê en kom weg want hulle kom weg met als.

Ai innige simpatie aan die famielie & vriende.

R. Eaton ·

J. Botha. Bid alleen gaan nie werk. Drastiese stappe sal geneem moet word. Bid liewers laat die drastiese stappe geseen moet word. Maar om net te bid en agteroor te sit sal niks help.

Veronica ·

God het NIE van SA vergeet nie!!!!!! SA HET VAN GOD VERGEET …………………………….

Justa ·

Dis hoog tyd dat F W de Klerk , Roelf Meyer en die res van die uitverkopers tot verantwoording geroep word.

pjk ·

Ek stem saam. Erens moet iets gedoen word. Ons moet opkommadeer

Paul ·

Dit is opvallend hoe die fw dissipels al hoe minder word en al hoe minder skerm vir hulle held.

Hannelie Kosidis ·

Justa
Ek stem! De Klerk MOET verantwoordelik gehou word vir al hierdie” collective madness ‘waarmee ons opgeskeep sit

Theresa ·

Elinette = korrek.
Beste van als is dat hul seker dink mens kan nie dwarsdeur die siek planne sien nie.
Ek glo ook dat God ons nie vergeet het nie, maar wag dat ons vra. Hy sal besluit of dit Sy wil is. Waar 2 of meer bymekaar kom… Kom ons bid met oorgawe en uit genade (bv elke oggend 6uur) dat die Here die grusame moorde, verkragtings, ontvoerings, dwelmhandel, mensehandel en onregverdigheid in hierdie land hokslaan. Soos Hy wil. Daar is groot krag in gebed. Mens hoef nie miljoene te wees nie – ‘n handvol gelowiges in gebed dra baie meer krag as hortende miljoene met eie wil in koppe. Dis tyd! Kom ons bid?

pjk ·

Baie waar woorde Theresa. Daar is n groot klomp van ons wat elke aand 21h00 tot God bid om ons land te genees van alles wat teen Sy Woord is.

Ludwig ·

My goeie vriend Heinz Konsalik sou dit in een van sy romans só gestel het: “Es ist zum Kotzen!” Maar in geeneen van sy talle boeke wat ek in Afrikaans vertaal het, het ek ooit op soveel wreedheid afgekom nie.

Lorna ·

Ek het nie woorde nie wragtag ek het nie woorde As jy siek is daar medisyne maar laer as n slang hulle is die riool van die aarde Komaan Maroela maak een van julle mense n punt daarvan en verkondig dit aan die Wereld God help ons mense want self kan ons nie Amen

donovan ·

Justa jy het di myn pikewyn vergeet Generaal Constand Viljoen het daai tyd toe ons moes veg ons n rad voor die oe gedraai saam FW en Roelf… Maar wees verseker kerels as n simpel Aartappel boer 500 000 mans bymekaar kan roep, glo ek ons sal die landjie weer op koers kan kry… ons is ontwapen maar wees verseker daar is genoeg manne wat nog veg gees in ons het… Onthou die slag van bloedrevier, die selfde God is nog met ons…

SNEL ·

Ek weet dis soos J. Botha sê, die mag van lewe en dood lê in die tong en ek wil nie dood spreek nie, maar om op 85 verkrag te word en ook jou seun ook nog te verloor, glo ek nie is n makliker pil om te sluk op daai ouderdom nie. Meeste van die tyd is die spanning en skok so groot vir die oumensies dat hulle dit ook nie maak nie. Ek glo ook dis presies wat die peste wil hê, hulle wil ons laat suffer, verneder en magteloos laat voel. Daardie tannie is verkrag, net om haar te verneder en te wys hulle kan maak en doen soos dit hulle plesier en asof die trauma van die inbraak nie genoeg is nie, doen hulle dit aan haar en dan om die finale spyker in te slaan skiet hulle haar seun. Hoe verwerk n mens al daai goed op daai ouderdom op een slag. Dis vreeslik wat die arme tannie nou moet hanteer en verwerk, en dis soos Riaan sê, dis ons bejaades waarna ons moet kyk en oppas en met eerbied en respek behandel en kyk wat doen hulle aan haar. My hart gaan uit na die tannie toe, mag die Here haar versterk, toevou in Sy hande en haar deur die situasie dra.

Willie ·

Die barbaarse gedrag is seker ook maar -soos plaasmoorde -agv apartheid – soos die hoofnar sê.

Mien ·

Dit klink so bekend. My 88 jarige ma en 65 jarige broer is ook onlangs wreed aangeval, erg verniel en vermoor. Hulle was vredeliewende mense wat iets vir die gemeenskap beteken het. My hart gaan uit na hierdie tannie en haar familie. Hulle lewe gaan nooit, ooit weer dieselfde wees nie !!!

tamboti ·

O baie jammer Mien, dit is rerig onbegryplik wreed. En daar bewys jy dat hierdie nie die eerste of laaste geval is nie. Ander dink ons moet troos by God soek, ek soek antwoorde – soos Job, nie een van ons verdien dit nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.