Man doodgeskiet na hy ma en baba kaap

Argieffoto

Argieffoto

‘n Man is doodgeskiet nadat hy en sy makker ‘n vrou en haar sewe maande oue baba gekaap het.

Ao. Kay Makhubela, woordvoerder van die polisie, sê die vrou is Dinsdagaand deur twee mans gekaap toe sy by haar huis in Dobsonville, Soweto stilgehou het.

“Die mans het in die motor gespring en met die vrou en haar baba weggejaag.”

Die mans het die vrou en haar baba later langs die pad afgelaai en weggery. Die vrou het die kaping by die polisie aangemeld en die blitspatrollie is in kennis gestel.

Beamptes van die blitspatrollie het die gekaapte motor gewaar en agternagesit.

Makhubela sê die kapers het op die polisie losgebrand. Die beamptes het teruggevuur en een van die kapers is doodgeskiet.

Makhubela sê die ander man is in hegtenis geneem en sal binnekort in die Protea-landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

riaan calitz ·

My lekkerste high speed chase gewees in n lang ruk!! Al di pad van soweto gejaag tot in johannesburg

Johanna ·

Ek was gebore in Beaufort-Wes en al my familie (toe ek nog familie gehad het) was gebore in Willomore. My pa was daar gebore Dirk Pieter Beukes van Vuuren. Ek dink my ma was in Beaufort-Wes gebore.

My ma se familie het langs Dr Chris Barnaard en sy familie gebly. Hulle was baie groot vriende.

Ma het ook vir my gese dat sy en Marius Barnard (Chris se broer) ‘n verhouding gehad het.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.