Man doodgeskiet ná hy polisie aanval

Argieffoto: SAPD / Facebook

Argieffoto: SAPD / Facebook

ʼn 22-jarige man is in Amalia, Noordwes, doodgeskiet nadat hy polisiebeamptes glo herhaaldelik met ʼn mes aangeval het.

“Die polisie is ontbied in verband met ʼn klag oor huishoudelike geweld waar die verdagte (die oorledene) glo met sy susters baklei en een van hulle in haar regterhand met die mes gesteek het,” het brig. Thulani Ngubane, woordvoerder van die polisie, Woensdag gesê. “Sy is na ʼn hospitaal geneem vir verdere behandeling.”

Toe die polisie Maandag omstreeks 13:00 by die toneel in Molatswaneng opdaag, was die man baie aggressief en het glo op die polisiebeamptes afgestorm in ʼn poging om hulle weg te jaag. “Een van die beamptes het geval en sy hand baie ernstig beseer,” het Ngubane bygevoeg. “Hy is na ʼn hospitaal geneem.”

Die verdagte het glo almal geteister en met die mes op hulle afgestorm wanneer hulle naby hom wou kom.

Die polisie het die man verbaal gewaarsku en pepersproei gebruik om hom te laat bedaar, maar niks kon hom oorreed om met hulle saam te werk nie. “Hy het selfs nog omstanders met die mes aangeval,” het Ngubane verduidelik. “Hy het daarna op ʼn polisiebeampte afgestorm wat twee waarskuwingskote afgevuur het, maar die verdagte het nie opgehou nie. Die polisiebeampte het uit selfverdediging die man noodlottig in sy bors geskiet toe hy op hom afgestorm het.”

Die onafhanklike polisie-ondersoekdirektoraat is bewus van die voorval en stel ondersoek in.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Leonie ·

Deesdae skiet die polisie hopeloos te maklik. As hulle ordentlike opleiding gehad sou hulle geweet het hoe om die man te ontwapen en te arresteer.

Paplepel ·

Jy praat maklik Leonie. ‘n Mens kan sien jy was nognie in so ‘n situasie nie. Die man was ooglopend uit sy sinne uit bedwelmd met een of ander dwelm. GEEN mooi redenasie en koppietjies tee saamdrink sou in daardie persoon ingesink het nie. Van die dwelms wat die mense gebruik maak hulle so ongevoelig dat selfs Tazers nie op hulle werk nie. So dink mooi voor jy veralgemeen.

2Roedolf1 ·

Stem saam ,met die regte opleiding kan jy tot n persoon met n vuurwapen ontwapen ,soos die sap lede by die take aways nie dat dit opleiding vat nie Lol .en hoeveel lede was daar hulle lyk gewoonlik soos n strike

Lou ·

Stem saam Roelof en Leonie.Goed opgeleide sap kon die man ontwapen en arristeer. Paplepel jy skiet nie sommer iemand as jy bang is vir hom en jy vermoed hy’s gerook of gedrug nie man.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.