Man doodgeskiet ná motor onklaar raak

Nooddienste Sondag op die toneel. (Foto: Ambu-Link)

’n Man is Sondagmiddag in die weste van Pretoria ten aanskoue van familielede doodgeskiet, nadat hul motor langs die pad gaan staan het.

Xander Loubser, woordvoerder van Ambu-Link, het aan Maroela Media gesê die motor waarin die slagoffer, sy vrou, dié se suster en die egpaar se twee kinders onderweg was, het omstreeks 17:45 in E’skia Mphahlele-rylaan in die rigting van die stad onklaar geraak.

Luidens inligting wat die slagoffer se vrou aan Loubser verskaf het, het die familie vir sowat ’n uur langs die pad om hulp gewag toe ses onbekende mans hul stilstaande motor nader.

Die mans het die man van sy besittings beroof en doodgeskiet, waarna hulle in die rigting van nabygeleë bosse verdwyn het. Die twee vroue en twee kinders is nie in die voorval gewond nie.

Volgens Loubser is die man op die toneel dood verklaar. Dit is nie in dié stadium duidelik hoe oud die slagoffer was nie.

Maroela Media het die polisie genader vir kommentaar en wag op terugvoer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

33 Kommentare

K P ·

Dit is nie lafaards. Dit is die mense wat de klerk en meyer losgelaat het op die blankes. Dan wil die polisie wat eintlik anc is hê jy moet jou wapen inhandig. Ek is seker die gemors wat wreedaardige moordenaars is is oppad polisiestasie toe om die wapen te gaan inhandig

Pearce de Klerk ·

Mense kry ‘n selfoon paniek knoppie oplossing soos TSU Protect wat jou in staat stel om gewapende reaksie te ontbied in al die groot dorpe en stede. Hierdie tipe moorde en ander aanvalle kan voorkom word.

Anoniem ·

Wat gaan dit jou help want teen die tyd wanneer hulp opdaag dan le jy klaar dood geskiet. My seun het nou so paar maande gelede op die N17 gaan staan met sy voertuig. Hy het hulp ontbied en my ook gebel in Boksburg en raai wie was eerste daar. Nadat ek by hom aangekom het en nog n goeie 20 na 30minute gewag het,toe daag die hulp op. Dus wat is die beste oplossing, bewapen jouself en dan as hulle so op jou afgestap kom beweeg weg trek jou wapen skiet n waarskuwing skoot en daarna skiet jy om dood te skiet.

Pieter ·

Die polisie kan jou nie beskerm nie. Hulle kom dokumenteer net die misdaad en probeer dan die skelm vang.. Paniek knoppies neem minimum 15min voor iemand daarop kan reageer en help. Jy moet jouself beskerm. Dra ‘n wapen en weet hoe om hom te gebruik. As jy goed kan teiken skiet beteken dit nie jy kan skiet nie. Kry opleiding om jou wapen onder druk te gebruik. Weet ook hoe om op te tree as jy aangehou word met ‘n wapen. Doen konstant selfverdediging opleiding. Een kursusie op ‘n Saterdag oor selfverdediging is nie genoeg nie. Jou reaksie moet spontaan kom. Die beste raad is om wakker te wees en nie in so posisie te kom nie. Wees te alle tye gereed vir die slegste, dan sal jy leef.

Poplap ·

En so word di moordenaars met onwettige vuurwapens net nooit gevang nie. Dink ook aan di 2 jongmense wat opdi brug doodgeskiet is n ruk terug. Nog niemnd in hegtenis geneem.

Vrees ·

Ons leef elke dag in vrees… Of jy nou op die pad is of even in jou eie huis is ons is nerens meer veilig… Maak nie saak hoe goed jy jou voertuig onderhou hy kan enige tyd steeds breek… So gewetenloos om die man voor sy familie te vermoor…

Skaap ·

Hoe kan n mens in so n land lewe ?
Hier in die Kaap is dinge nie veel veiliger nie. Wanneer jou kar breek moet jy maar diep in bosse gaan wegkruip of in die see in vlug

toy ·

Die regering moet nou verantwoordelik gehou word vir die moorde. Die familie moet ‘n groot eis instel vir pyn en lyding. Dit kannie so aangaan nie!!!

Alida ·

Moet die SAPD elke plek in SA bewaak. Hulle kannie die misdaadtoneel inwag nie. Genade. Geen eis gaan slaag nie.

LB ·

‘n Magtelose woede kom oor my as ek lees van nog ‘n mens wat vermoor word in ‘n “beskawing”, ‘n stad vol mense! Niks word gedoen om dinge beter te maak nie. Wie voel nog veilig om werk toe, huis toe of waarheen ookal te ry. Selfs op ‘n besige snelweg word mense geskiet of aangeval.
‘n Vraag wat niks met hierdie tragedie te doen het nie, maar waaroor ek baie wonder. Wat is dit met die media se beheptheid met die ouderdom van mense, die man wat vermoor is se ouderdom gaan hom seker nie waardevoller maak as hy jonk is of waardeloos as hy oud is nie? Altyd ‘n naam met ouderdom daarna in elke berig, waarom?

Ronéll ·

LB as ouderdom nie vir jou belangrik is nie, dit is wel vir die talle ander lesers.
Ja die werklikheid is waarom word enige mens vermoor, aangerand, beroof of wat ookal, maar in alle gevalle is ouderdom van slagoffers belangrik.

Melanie ·

Daardie tipe beskerming, soos paniek knoppies, is dikwels onbekostigbaar. As jy R5000 pm verdien kan jy net nie. Sommige mense verdien nog minder.

Willie ·

Dis tyd dat ons almal voet neersit, en se genoeg is genoeg…

Lou ·

Die Polisie is duidelik nie opgewasse om die misdaad in hierdie land te beheer nie.
Ons kort ‘n kragtige en doeltreffende privaat misdaad bekampings diens wat hierdie ouens gaan uithaal uit hulle hole en tot geregtigheid bring.
Kan Solidariteit of Afriforum nie so inisiatief van stapel stuur nie?
Buurtwag het sy plek, maar ek praat hier van ‘n taakmag wat opgelei is, die regte toerusting en voertuie het en die wetlike mag het om hierdie kriminele te gaan uithaal en te vervolg. Daar is so baie misdade wat net nooit opgelos word nie want die Polisie is toegegooi en in baie gevalle nie opgewasse nie.

Grens ·

@Willie, ons kan almal voet neersit en se genoeg is genoeg, en wat dan? Niks gaan verander nie. Kry ‘n betroubare vuurwapen, leer en oefen om die ding goed te gebruik, en dan staan jy ‘n beter kans om jou en jou familie te beskerm.

annelie ·

Ons motor het onklaar geraak net buite Middelburg in Desember met my seun en pa by my, ek het die heeltyd gevrees vir so iets om met ons te gebeur…. maar gelukkig het ons dit oorleef. Vreeslik dat mens so bang is in hierdie land – orals.

Erika ·

Dalk moet ‘n mens maar net eenvoudig jou vuurwapen ook in jou motor hê vir hierdie ongewenste lafaards. Die woorde wat ek vir hulle wil sê is nie op sosiale netwerk betaamlik nie…..sterkte aan die familie!

Jj ·

En so word daar oorlog teen ons gevoer een moord op n slag. Mense stories soos die moet jou laat 2keer dink as jy nie jou eie mense in diens neem en of jy BEE besighede ondersteun. Ons kan al terug slaan met ons beursies

Andreas ·

Kry n wapen en dra dit by jou. Moenie nog sukkel met wettige wapens nie, want ons is gewikkeld in n oorlog teen die regering. Laasgenoemde het oor en oor bewys dat hy vere voel vir sy burgers.

Penellope Jones ·

Dit voel asof daar agter elke bos, onder elke boom, agter elke muur iemand skuil wat net sit en wag terwyl die hande gevryf word vir die volgende potensiele persoon wat aangerand, vermoor, beroof (meeste van die tyd lyk my is dit al drie) kan word.

Weet nie Meer nie ·

Jj almal skree iets moet gedoen word welgedaan dit is posetiwe denk wyse

AndrewL ·

En wat sê Gun Free South Africa? Hoe gaan hulle daardie vuurwapens verwyder? Of geld hulle voorstelle nie vir misdadigers nie.

Michelle Roos ·

En dan wil die staat nou wetsgehoorsame mense se vuurwapens afneem. Hoe gaan ons onself verdedig teen hierdie bose elemente in ons land?

m ·

Ja Michelle, hulle wil he wetsgehoorsame burger moet hul vurrwapens inhandig, net sodat die polisie dit aan die kriminele kan uitdeel.
Ons moet maar vas aan daai vuurwapen, hernu jou lesensie, want soos dinge op die oomblik aangaan sal jy dit definitief nodig kry!!

Werner ·

Dog al die skelms het dan tou gestaan om van die amnestie tyd perk gebruik te maak om hulle wapens in te handig sien daar het weer net klomp wetsgehoorsame burgers hulself ontwapen sterkte vir julle

Claus Malema ·

Jule weet nie hoeveel van onse mense word ook vemoor nie

Niklaas ·

Dis nag as jy in hierdie tye met onklaar motor langs die pad gaan staan. Elke verbyganger is dan potensiële gevaar. Ons sal almal in konvooie moet ry om te oorleef.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.