Man doodgeskiet op hoewe by Nelspruit

plaasaanvalle

Argieffoto: SAPD

ʼn Man is dood nadat drie gewapende aanvallers hom in sy huis naby Nelspruit in Mpumalanga oorval en geskiet het.

Die aanvallers het omstreeks 22:00 Dinsdagaand toegang verkry tot die huis op De Rust, in die Uitkyk-omgewing, deur ʼn deur wat nie gesluit was nie. Die oorledene, John Bosman (61), het sit en TV kyk toe hy oorval is, sê kol. Mtsholi Bhembe, woordvoerder van die polisie. Sy vrou was in die slaapkamer.

Bosman is in die bolyf geskiet in die struweling wat gevolg het, maar sy vrou het haarself in die kamer toegesluit. Hy het vir haar geskree om die paniekknoppie te druk.

“Sy vrou het later uit die kamer gekom en haar man in ʼn plas bloed op die vloer aangetref,” sê Bhembe. Sy het hulp ontbied. Toe veiligheidswagte kort daarna op die toneel aankom, het die aanvallers reeds op die vlug geslaan, vermoedelik te voet.

ʼn TV-stel wat uit die huis gesteel is, is in bosse naby die huis gekry.

Die polisie het ʼn soektog na die drie begin, maar niemand is nog aangekeer nie.

Bhembe vra enigeen met inligting wat hulle in hul ondersoek kan help, moet kol. Ernest Maoka by 082 318 9843 of Stop Misdaad by 08600 10111 bel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

President ·

En ék sê; iets omtrent dié storie klink nie vir my reg nie. Toe die man in die sitkamer geskiet is, was sy vrou in die slaapkamer waar sy toe haarself toegesluit het. Hoe weet enigiemand dan dat dit “drie gewapende aanvallers” was wat die man oorval en geskiet het??

christa ·

kan ons nie die nuuswaardigheid aan die uwe president stuur nie.

Melissa ·

Die oom se naam en alles is verkeerd. Dis John Bosman en hy was 61 toe hy oorlede is.

Nico Strydom ·

Dagsê Melissa
Dankie ons het die berig gewysig.
Vriendelike groete

Werner Brits ·

Mense ek vra vinaand kom ondersteun ons asseblief die 29ste oktober met Swart maandag optog ,hoe meer mense hoe meer publisiteit,gaan na die swart maandag facebook page vir meer inligting,ek is een van die leiers wat saam Valerie Beyleveldt wat voorsitter is van swart maandag stap na die Amerikaanse ambasade,kom val in en wys jy gee om vir jou volk en JOU land

mooi aand

PJC ·

Ai so jammer nog iemand moes sy lewe verloor. Dit is ook so jammer dat mense nog nie voldoende veiligheids bewus is nie.

Koos de Meyer. ·

Wat sê ons agbare president en ene me. Sisulu nou. Of hou hulle nog steeds aan met hulle leuens. Wie dink hulle is so dom om hulle te glo. Regtig swak van hulle om so te lieg en dit nogal by die VN.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.