Man doodgeskiet toe hy gaspistool rig

Die gaspistool waarop beslag gelê is. Foto: Verskaf

Die polisie in Port Elizabeth het Woensdag ʼn verdagte doodgeskiet nadat hy glo ʼn vuurwapen op hulle gerig het.

Kapt. Andre Beetge, polisiewoordvoerder, het gesê die voorval het in die vroeë oggendure in Kwazakhele plaasgevind.

“Die polisie het Seyisistraat in New Brighton gepatrolleer toe hulle twee mans opgemerk het wat verdag optree,” het Beetge gesê.

“Een van die verdagtes het ʼn vuurwapen op die beamptes gerig. Die beamptes het op hom geskiet en hom noodlottig gewond. Die ander verdagte, wat 24 jaar oud is, is op die toneel in hegtenis geneem.”

Beetge het gesê daar is later vasgestel dat die 24-jarige verdagte sedert Augustus verlede jaar ʼn gesoekte misdadiger is.

Die polisie het tydens die voorval beslag gelê op ʼn gaspistool en gesteelde goedere wat die twee glo ʼn paar minute voor die voorval by ʼn inwoner in dieselfde straat geroof het.

Die polisie ondersoek ʼn saak van gewapende roof en doen ook ʼn geregtelike doodsondersoek.

Die 24-jarige verdagte moet Donderdag in die New Brighton-landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Bekommerd ·

Dis waarom geen gas gewere en lug gewere vir self verdediging behoort gebruik te word nie. Indien die geweer op iemand gerig word, het die ander person die reg om hierdie person te skiet. Of dit nou ‘n BB gun speeldgoed geweer is maak nie saak nie.

Oujongvrou ·

Wel n gaspistool maak ook dood. Daar is daai pragtige jongman dood toe hy in nek geskiet is.

Sê-ma-net ·

As jy ‘n wapen op iemand rig, hetsy mes, pistool, speelding, maak nie saak nie, dan moet jy vrede maak daarmee dat die ander persoon op wie jy ‘n wapen rig die reg het om homself te verdedig. Indien ek myself beter verdedig as wat jy my aanval, dan is dit maar jou probleem. Leef (aldan nie) met die gevolge van jou besluit om my aan te val.

antieestabliesment ·

Word die polisie ook aangelkae van moord in so geval? Wanneer ‘n burger homself op so wyse verdedig, dan is daar outomaties ook ‘n klag van moord teen die skieter tot bewys is dat dit self verdediging is. Ek lees nie in die berig dat die polisieman wat geskiet het aangeklae word nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.