Man doodgeskiet toe hy van kapers probeer vlug

(Argieffoto: Kent Williamson)

ʼn Man is agter die stuur van sy motor doodgeskiet nadat hy van kapers probeer vlug en teen ʼn boom vasgery het.

Die 49-jarige Nelson Shabangu is Saterdagaand in die Calcutta-omgewing naby Bosbokrand in Mpumalanga doodgeskiet.

Volgens brig. Selvy Mohlala, polisiewoordvoerder, het ʼn groep gewapende verdagtes op Shabangu se silwer Toyota Corolla toegesak en hom probeer kaap.

“Hy het probeer wegjaag maar het beheer oor sy voertuig verloor en teen ʼn boom vasgery. Die verdagtes het hom verskeie kere agter die stuur van sy motor geskiet voordat hulle van die toneel gevlug het.”

Die polisie en paramedici is van die voorval in kennis gestel. Shabangu is by hul aankoms op die toneel dood verklaar.

Die Calcutta-polisie ondersoek ʼn saak van moord en het versoek dat ene Philile Letsoala hulle onmiddellik kontak aangesien hy hulle glo in die ondersoek kan bystaan.

Lt.genl. Semakaleng Daphney Manamela, provinsiale polisiekommissaris, het die voorval veroordeel en gesê die polisie sal nie rus voordat die skuldiges agter tralies is nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Monica ·

RIV… En so beteken ‘n lewe net mooi niks in hierdie SA…

Di ·

NOG ‘n misdaad geval in SA. Die land het in ‘n KORRUPTE, WETTELOSE MISDAAD HOOL verander vanaf 1994 wat die ANC oorgeneem het. Die Polisiemag skitter in hulle afwesigheid en meestal ook betrokke by misdaad en hulle useless Minister is ‘n NAR. Ek dink ons enigste kans op oorlewing is vir gemeenskappe om saam te staan en misdaad self hok te slaan in ons woon gebiede. Gemeenskapslede word veroordeel wanneer hulle geregtigheid in hulle eie hande neem. Ons het GEEN ander keuse as ons wil oorleef nie. RIV, innige meegevoel aand hierdie man se familie en vriende. Hoop dat die skudiges vinnig vasgetrek sal word EN DIE NODIGE STRAF kry wat hulle toekom.

melaney ·

Nóg ‘n lewe onnodig daarmee heen. Waar is cele? Wie gaan hierdie moorde stopsit? En wanneer?

Swerwer ·

Wreed verby. Tyd dat die korrupte regstelsel hersien word.

Dandeleen ·

Wag, lees ek reg? Hulle wou hom kaap, hy het toe probeer weg kom en teen ‘n boom gebots waarna hy dood geskiet is in sy motor. Hulle vlug sonder om die motor dan te vat. Klink dit net vir my soos ‘n hit?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.