Man doodgeskiet: Twee bendelede spoedig vasgetrek

Een van die vuurwapens waarop beslag gelê is. Foto: Verskaf

Een van die vuurwapens waarop beslag gelê is. Foto: Verskaf

Twee mans, wat vermoedelik deel is van ‘n bende, is Dinsdagmiddag in Port Elizabeth in hegtenis geneem kort nadat ʼn man in sy motor voor ʼn huis in die stad doodgeskiet is.

Die polisie het in ʼn verklaring gesê beamptes van die sigbare bende-ingrypingspan was omstreeks 17:00 op roetinepatrollie in Bethelsdorp, toe hulle op ʼn noodoproep reageer het van ʼn skietery in Bantamstraat.

“Die beamptes het by die toneel opgedaag, waar ʼn man verskeie kere in ‘n wit VW Golf, wat voor ʼn huis geparkeer was, geskiet is,” het die polisie gesê. Die man is op die toneel dood.

“Ooggetuies het ʼn oop veld aan die polisie uitgewys waar die twee vermeende skieters op die vlug geslaan het. Die polisie het die gebied gefynkam en op ʼn groep bendelede afgekom wat in die omgewing rondgestaan het.”

Toe die polisiebeamptes die groep nader, het een van die mans begin weghardloop. Hy is gou aangekeer en ʼn vuurwapen is in sy besit gevind.

Die gebied is verder gefynkam en ʼn tweede vuurwapen is opgespoor. Die polisie het beslag gelê op die twee vuurwapens. ʼn Tweede verdagte, wat tussen die ander bendelede gestaan het, is kort daarna in hegtenis geneem. Volgens die polisie is die mans deel van die Preston Shaw Boys-bende.

Een verdagte is in hegtenis geneem op aanklag van moord en die ander op aanklag van moord en die onwettige besit van ʼn vuurwapen en ammunisie. Die polisie het bevestig die voorval is bendeverwant.

Die slagoffer se identiteit is vasgestel, maar nog nie bekend gemaak nie.

Een van die vuurwapens waarop beslag gelê is. Foto: Verskaf

Een van die vuurwapens waarop beslag gelê is. Foto: Verskaf

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

se net ·

Ek wonder as ons ook net stap na jou motor en net skiet hoe sal julle voel, of meer na julle huis toe gaan deur die nag en wanneer jy daardie deur oop sluit en net skiet, sal julle dit aan vaar nee julle sal nie.
SO HOU OP OM MENSE TE VERMOOR REGTIG, PLAAS GAAN SOEK WERK EN WERK OM VIR JOU FAMILIE N BETER TOEKOMS TE BIED.

AL ·

Daar is n bende ingrypingseenheid in die stad, as plaasaanvalle en moorde deur 8-man bendes uigevoer word – waarom is daar nie bende ingrypingseenhede vir die boere nie?

Brie-brie ·

Volgens die foto lyk die vuurwapen splinter nuut. Nou vra ek waar gaps hulle sulke wapens nuut??

Breek in & steel ·

Breek in & steel is mos die nasionale sport deesdae!!!!!!!!!!!!!!!!!

Neels ·

Werk is nie vir hulle nie Hulle wil of moor en roof of bakhand staan en alles verniet kry

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.