Man doodgeskiet tydens aanval

Argieffoto Foto: SAPD, Facebook

Argieffoto Foto: SAPD, Facebook

Clive Anthony Bowers (60) is in sy huis in die Bundu Wildlife-landgoed naby Witrivier in Mpumalanga doodgeskiet.

Brig. Selvy Mohlala, woordvoerder van die polisie, het gesê Bowers en sy vrou het Dinsdagaand reeds geslaap toe hulle ʼn geluid in die huis gehoor het.

Volgens Mohlala was die aanvallers reeds in die huis en het hulle Bowers doodgeskiet.

Die moordenaars het met ʼn televisiestel en selfone gevlug. Niemand is nog in hegtenis geneem in verband met die voorval nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Joey Combrinck ·

Ek kan nie anders as om te dink die klem behoort nie meer op inbraak te wees nie. Dit is net absoluut geforseerde toegang tot ‘n woning met die doel om te moor. Hoekom word mense vermoor vir TV stelle en selfone…… dit gaan oor die moord en die toerusting is net ‘n bonus.

JZ ·

Daar word altyd verwys na n paar goed wat gesteel word om die bewoording van moord na roof te verander,niemand sal inbreek om n selfoon en tv te steel nie dit is meer n rassitiese moord wat hier beplan was en nou verbloem woord.

HEVW ·

Juridies ontleed heeltemal reg. Te dikwels word ook gepraat van vermeende aanvallers, vermeende rowers terwyl hul aktief waarnemend by die misdaad betrokke was. Dan is hul blood aanvallers en rowers. Nouja die pers moet maar versigtig wees.

Takkie Takuuza ·

Nou wanneer mag die huisbewoner skiet? Voor hy binne die huis is? Nee. As hy binne die huis? Nee. Jy moet seker eers vra wat se wapens hy het, sodat jy dieselfde kan gaan uithaal sodat ‘n regverdige fight is. En as jy deur ‘n toe deur skiet sal jy tronk toe gaan.

pop ·

Niemand het meer n TV of selfoon nodig nie. Dis rookskerm om witmense te dood. En daarna vlug hulle in duur duitse motors. Die vuilgoed word goed betaal deur ander vuilgoed. Daars nie sprake van huisbraak nie. Se reguit dis moord

Moeks ·

Ek stem saam dat die klem verskuif na om misdaad statistieke “sagter” te maak. Ons het ‘n gewapende roof binne ons huis gehad die 12de Desember verlede jaar. Dit word tans ondersoek as huisinbraak. Niks word genoem oor die feit dat ek en my kind wat maar 12 jr oud is gedreig,vasgebind en hardhandig behandel is nie. Die ergste is dat alles op CCTV vasgevang is. Daar was vyf teen my en my kind. Niemand is egter nog gevang nie.
Gesteelde voertuig en anders items nog nie gekry nie.

Ek is elke dag dankbaar dat ons nog lewe.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.