Man doodgeskiet tydens JHB-betoging

Foto: @rouge22diablo op Twitter.

Foto: @rouge22diablo op Twitter.

Veiligheidswagte het Maandagoggend ʼn man doodgeskiet tydens ʼn betoging by die Newclare-treinstasie naby Westbury in Johannesburg.

“Inwoners van die Kathrada Park-informele nedersetting het na die treinstasie opgeruk en kantore aan die brand gesteek en vensters gebreek,” het ao. Jerbes de Bruyn, woordvoerder van die polisie, gesê. “Veiligheidswagte by die treinstasie het een van die betogers doodgeskiet.”

Hulle betoog glo oor behuisingskwessies. De Bruyn het gesê die man se naam en ouderdom moet nog vasgestel word.

“Die polisie het die veiligheidsbeamptes van die perseel verwyder en na ʼn veilige plek geneem.” Volgens De Bruyn het die polisie die betogers met rubberkoeëls uit mekaar gejaag, maar hulle het kort daarna weer begin betoog.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Hoe sê? ·

Is die betoger met ‘n rubberkoeël doodgeskiet? Die berig is effe vraag wat dit betref. Wil net graag weet.
Dankie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.