Man doodgeskiet tydens Lenasia-rooftog

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Man is doodgeskiet en ʼn polisieman is gewond tydens ʼn rooftog in Lenasia, suid van Johannesburg.

Ao. Kay Makhubela, woordvoerder van die polisie, het gesê sewe mans het ʼn winkel binnegestorm en op kontant aangedring. Die verdagtes het wild begin skiet toe hulle gevlug het en ʼn klant is doodgeskiet. Die verdagtes het met ʼn onbekende bedrag kontant gevlug.

“Hulle het ook op die polisie losgebrand en een beampte is geskiet en gewond. Hy sterk in die hospitaal aan,” het Makhubela gesê. Die rowers het in twee motors gevlug maar ʼn wit Honda op die toneel agtergelaat. Niemand is in nog in hegtenis geneem nie. Die polisie ondersoek ʼn saak van moord, poging tot moord en roof.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Drieks ·

Gaan winkel toe en word dood geskied omdat jy doen wat almal mag doen, “normaal lewe”.
Wie beskerm ons teen die regering wat ons nie kan beskerm nie.
Gaan stap in parkie met hond en die polisie sal die park kom beskerm teen ons en die hond se wandeling, maar nie ons beskerm teen kriminele nie.

Babs ·

Ek verstaan nie so lekker nie. Die rowers het op die polisie losgebrand, een beampte gewond en weggedkom. Laat die polisie hulle toe om eerste te skiet? Word die polisie voorsien van vuurwapens sodat hulle dit in so geval kan dra as versierings of is dit hulle medaljes?

monique ·

Dit word al hoe makliker om in suid afrika te steel,,moor,,en dan toy toy die werkers en dan besluit hulle somme aag weet jy wat,kom ons brand die trokke af,winkelsword aan brand gesteek,,dit gaan mos nou te lekker,,,ou mensies word gemartel vir n paar sent of lekkerte,,,dan word dit nog makliker om kinders te verkrag in die land,,hoe werk dit,,,kyk die regering anderkant toe,omdat hulle nie kans sien om hierdie barbare vas te vat nie of hoe,,,hoekom het ons polisie in die land,,of is hulle net daar as wittes moles maak, vra ma net,,,,

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.