Man doodgeskiet tydens ‘rooftog’

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Man is deur die polisie doodgeskiet nadat hy glo betrap is waar hy skape in Schweizer-Reneke in Noordwes wou steel.

Kol. Sabata Mokgwabone, woordvoerder van die polisie, het gesê die polisie is omstreeks 02:00 Donderdagoggend na Ipelegeng buite Schweizer-Reneke ontbied ná berigte dat drie mans skape probeer steel.

Die polisie het glo ʼn bakkie gesien wat 21 skape vervoer het en het dit van die pad af probeer trek. ‘n Jaagtog op ʼn plaaspad in die rigting van Amalia het gevolg. Die vermeende rowers het beheer oor die bakkie verloor en teen ʼn boom gebots.

Volgens Mokgwabone het die drie verdagtes uit die bakkie gespring en weggehardloop. Polisiebeamptes het die verdagtes agternagesit en kon daarin slaag om een van die verdagtes, wat glo die bakkie bestuur het, in te haal. “Die beamptes en die verdagte het in ‘n struweling betrokke geraak en die verdagte is in die proses doodgeskiet.”

‘n Saak van moord is aanhangig gemaak en die onafhanklike polisie-ondersoekdirektoraat (Opod) ondersoek die voorval. Die ander twee verdagtes, 27 en 37 jaar oud, is in hegtenis geneem en sal binnekort in die Schweizer-Reneke-landdroshof verskyn op aanklag van veediefstal.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Soufie ·

Ja en nou gaan die polisie lid geskors word oor hulle hul werk gedoen het, en die rowers kom los!!

Dave ·

Soufie, ou Soufie, dit is jammer dat daar mense is wat reageer met jòu negatiewe tipe reaksie. So, jý wil hê die polisie moet mense kan doodskiet sonder dat daar ‘n moordverhoor is. Blykbaar sou dit jou gepas het as die skaapdief doodgeskiet is sonder enige navrae. Ek dink werklik nie dat jy sou verstaan as ek meer tyd en spasie mors nie. Jy sal steeds nie verstaan nie.

Paul ·

Dave,
‘n Plaasmoodenaar, veedief, renostermoordenaar en inbreker/rower/moordenaar in jou huis moet op die plek terreggestel word want hulle is altyd skuldig en kan gewoonlik met die swak speurwerk en vrot of verdagte forensiese werk nie skuldig bewys word nie.

Charlene ·

As jy kan steel kan jy moord pleeg ook, maar nou wil jy die veedief verontskuldig.

ig ·

Goeie nuus.Net jammer die beamptes het nie met al drie n struweling gehad nie.

Paul ·

Baie geluk al was die slaagsyfer net 33%. Hoop hulle doen volgende keer beter en kry 3/3.

Gerhard Bezuidenhout ·

Welgedaan polisie . Daar moet geen genade vir n veedief wees nie.

scalla ·

goeie werk, moes almal doodgeskiet het, 21 skape, was seker baie honger

Jan ·

Self nou lus vir ‘n lekker skaap tjoppie…………..sal maar liewerste koop !!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.