ʼn Man in sy vyftigerjare is Donderdag vroegoggend in sy bed op ʼn kleinhoewe in Rooiwal, Pretoria-Noord, deur aanvallers doodgeskiet. Die man se bejaarde ma was ook tydens die aanval in die huis, maar het ongedeerd van die voorval afgekom.
Marius Müller, nasionale operasionele koördineerder van AfriForum, vertel daar het vermoedelik twee of drie aanvallers die oggend tussen 01:00 en 02:00 die voordeur van die huis oopgebreek en die huis binnegegaan.
Müller sê die aanvallers het die man in sy bed aangetref en hom daar doodgeskiet.
“Ons vermoed die man moes teruggeskiet het, want die polisie het ʼn groot plas bloed buitekant die huis gevind. Die bloedspatsels gaan tot in die veld in. Dit lyk asof een van die aanvallers gewond was,” vertel Müller.
Müller sê ʼn selfoon en ʼn skootrekenaar is gesteel.
Daar is tans soekspanne op die toneel om die gebied te fynkam.
“Die polisie het vanoggend ʼn helikopter in die lug opgestuur en die polisie se honde-eenheid het die aanvaller se bloedspoor probeer vat. Iemand het die gewonde aanvaller óf opgetel, óf hy lê steeds iewers in die veld.”
Müller sê lede van die buurtwag, plaaslike gemeenskapspolisiëringsforums en sekerheidsmaatskappye was ook deur die oggend op die toneel om die aanvallers te help opspoor.
“Ons probeer nog by die man se ma vasstel wat presies gebeur het, maar sy is so getraumatiseerd, sy kan nie regtig praat nie,” sê hy.
Maroela Media het navraag aan die polisie gerig, maar wag nog vir terugvoer.
Maroela Media het die afgelope twee weke berig oor verskeie ander aanvalle op kleinhoewes oor die hele land.
CR, nog steeds net bekommerd? Dis ‘n daaglikse gebeurtenis! Vroue en dogters word verkrag, waar is jy nou met jou ander pandemie van geweld teen vroue en kinders? Waar is die ANCWL en die ALM groepe nou?
Mag God ons land met al sy inwoners beskerm, Amen.
Jammer ek bedoel BLM, nie ALM nie.
Die dag dat die blanke besef dat geeneen in die anc of eff ons gaan bystaan sal uiteindelik ook besef dat hyself moet iets daaromtrent doen. Dit is dan juis hulle wat die aanvalle aanmoedig.
:(
Seker net weer nog n huisroof ne?
Ons moet self beurte maak om wakker te sit in ons huise om hulle te verras.
Jou kommentaar is die moeite werd om te lees.
Dit is blatante uitwissing van die blankes.
Ja ons Sal onsself moet bewapen of maar altyd die slagoffers bly .As jy n wapen het dra hom as jy nie een het nie maak n plan om een te kry . As jy nie van vuurwapens hou nie besluit na watter land jou volgende tuiste gaan wees.SA is n gewelddadige land jy moet jouself daarvolgens voorberei .
Daai duisende uit die tronk wat CR vrygelaat het.
Dis “open season”
Cyril, aii good things come to an end. Congratulations this finally proves your irrelevance in this once good country.
Waar is Bheki Cele nou? Waar is sy landelike veiligheidsplan nou? Seker nog onder sy hoed. As dit ‘n edele ANC konyn was, is ‘n 72 huur taakspan saamgestel en die skuldiges al gearresteer. Die VF+ moenie oortuig word dat die ANC en die polisie enigsins hulle oor boere besorgd is nie. Elke ANC soustrein passasier wil spog dat hy ‘n plaaseienaar is.