Man doodgeskiet, vriend gewond in hoewe-aanval

Anton Kleyn (Foto: Verskaf)

Hy was ʼn man met ʼn goeie hart.

Só het Anton Kleyn (61) se familie hom Dinsdag beskryf nadat hy vroegoggend op ʼn kleinhoewe in die Mooiplaats-omgewing, oos van Pretoria, in ʼn gewapende huisroof doodgeskiet is.

Kleyn is in die bors geskiet en is op die toneel dood verklaar. Aubrey du Plessis (45), ʼn vriend van Kleyn, is in die lies geskiet en sterk tans in die hospitaal aan. Du Plessis het tydens die voorval op die kleinhoewe gekuier.

Kapt. Kay Makhubela, polisiewoordvoerder, het gesê gewapende mans het omstreeks 01:15 toegeslaan. Die polisie is sowat ʼn driekwartier later daarheen ontbied.

Met die polisie se aankoms is Kleyn en Du Plessis in Kleyn se houthuis op die kleinhoewe aangetref.

“Die voorlopige ondersoek dui daarop dat die mans deur die huis se venster geskiet is,” het Makhubela gesê.

Kleyn se broerskind, Luan, het ook gesê dit lyk of die twee mans deur die venster geskiet is.

Die venster waardeur die verdagtes geskiet het (Foto: Verskaf)

“Aubrey is op die bank in die woonkamer deur die venster geskiet. Hy het vir my oom, wat in die slaapkamer was, geskreeu om weg te kruip. My oom het op daardie oomblik uit die kamer gekom en is toe deur dieselfde venster in sy regterbors, in die long, geskiet. Aubrey is in die lies geskiet,” het Luan gesê.

Paramedici het Kleyn op die toneel dood verklaar. Du Plessis is na ʼn nabygeleë hospitaal vir mediese behandeling geneem.

Die verdagtes het met ʼn ou televisiestel, DVD-speler en albei mans se selfone gevlug.

Makhubela het gesê die verdagtes is steeds op vrye voet. ʼn Saak van moord en poging tot moord word ondersoek.

Luan sê sy pa, Louis Kleyn, en sy oom het jare lank saam op die kleinhoewe geboer. Hulle het eers met beeste geboer en onlangs kitsgras begin kweek.

Kleyn het onlangs in sy houthuis op die hoewe afgetree.

“My oom was ʼn man met ʼn goeie hart. Daar is nie woorde om te beskryf hoe goedhartig hy was nie,” het Luan gesê.

Louis het aan Maroela Media gesê dat hy die mooi herinneringe saam met sy broer sal koester en onthou.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

Frans ·

Skrikwekkend dat ‘n mens nie eers veilig in jou eie huis op ‘n rusbank kan sit nie.Innige simpatie met die familie.

Androclus ·

Ou tv stel en fones ‘n lewe is geneem.Inbraak moet ook by daardie klaagstaat gevoeg word.

Werner ·

Wel as jy in n oorlog situasie gewikkel is dan is jy nerens veilig nie nie eers op jou rusbank nie

Pierre ·

Sterkte almal, ek sal wag vir die ondersoek voor dat ek verder komentaar lewer.

Pieter ·

Rêrig, ‘n regte ondersoek met regte bedoelings om die goed te vang? Wat is die kans.

Nozi ·

Asb, jy mors jou tyd. cele is besig om malema te pat en te pie om nie die polisie te dreig nie.

Pieter ·

Ons blankes gaan nooit ooit wakker skrik nie al wat ons doen is praat en praat.

Maggies ·

En as ons wakker skrik… wat dan. Terugveg? So sal die tronke vinnig vol blanke terugbakleiers wees én die moorde sal nog steeds aanhou.

Cherokee ·

Nou skrik dan wakker en hou op met praat en praat, maar doen iets. Waarom moet dit iemand anders wees en nie jyself wat die voortou neem.

gatgogga ·

Wel, ons verloor definitief hierdie faset van die oorlog.

Persheks Adri ·

Nêrens maar net mooi nêrens is ons veilig nie! Ons almal is sitting ducks elke dag ons weet net nie wanneer dit ons is nie. Wees paraat mense en doen wat jy moet!

Tino ·

Dit was nie ‘n gewapende roof nie, dit was moord met die roof van items om dit te vermom

Hoekom ·

Skiet sommer net deur ‘n venster. Dit is nie huisroof nie. Dit is ‘n terroriste aanval wat net een objektief gehad het en dit is moord en plunder…

Alta ·

Al hoe dit gaan stop is wanneer wet in eie hande geneem word want duidelik kan ons kan ons nie staatmaak op ons regering, wetstoepassers en regstelsel nie. N oog vir n oog en n tand vir n tand. Ek is geen rassis nie maar wragtig, daagliks word witmense aangeval en vermoor, nie eers ou mense wat hul self nie kan verdedig word gespaar nie! Is dit nie op so n tydstip dat rassisme en rassehaat begin nie? En jy julius is die aanhitser , jack die gek en jou gepeupel volg jou voorbeeld. Jy moet in die bek geruk word.

Tyd om te Trek ·

Jare gelede was daar ‘n weergawe van Siener van Rensburg se gesigte wat gepraat het van die “Nag van die lang messe”.

Volgens die uitleg sou daar ‘n nag wees waar die boere, vrouens en kinders aangeval word.

Ek reken dit is egter nie een nag, maar elke nag, nag na nag. Een vir een word ons mense en hulle bloedlyne uitgemoor.

Hoe veg jy ‘n oorlog wat nie ‘n oorlog genoem mag word? Hoe baklei jy terug? Al raad wat ek het is laer trek en mekaar beskerm. Vegkop II en Bloedrivier II, elke nag, nag na nag.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.