Man doodgeskiet, vrou verkrag tydens aanval

Argieffoto: SAPD/Facebook

Argieffoto: SAPD/Facebook

ʼn 57-jarige man is doodgeskiet, nog twee mans is gewond en ʼn vrou is verkrag tydens ʼn aanval Vrydagaand in Gerhardsville naby Centurion.

Volgens maj. Mack Mngomezulu, provinsiale polisiewoordvoerder, het die voorval omstreeks 23:30 Vrydagaand in ʼn informele nedersetting plaasgevind. Mngomezulu het gesê die voorval het op dieselfde stuk grond maar by verskeie plakkershutte plaasgevind.

Volgens Mngomezulu het drie gewapende mans ʼn skrikbewind gevoer waartydens die drie mans geskiet is en ʼn 28-jarige vrou verkrag is. Hy het bevestig dat een van die mans wat geskiet en gewond is 20 jaar oud is. Hy kon egter nie bevestig of die slagoffers van dieselfde familie is nie.

Mngomezulu het gesê die verdagtes het met twee selfone en R480 kontant gevlug. Die polisie ondersoek ʼn saak van huisroof, moord, poging tot moord en verkragting. Niemand is nog in hegtenis geneem in verband met die voorval nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Drieks ·

Die regering se skuld. Hul moet elke lands burger veiligheid gee. En die koerante en TV wil niks help doen om ons nasie op te voed nie. Ek glo die radio kan die grootse bydra maak, maar almal slaap maar voort.

Dave ·

Die bewoording in die berig is misleidend want dit klink asof dit die 3 mans wat ‘n skrikbewind gevoer het wat geskiet is maar daarna lees dit verder dat verdagtes gevlug het met selfone en kontant.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.