Man doodgeskok by huis

Foto: Netcare 911

ʼn 22-jarige man is Dinsdag by ʼn huis in Mooikloof in Pretoria doodgeskok terwyl hy aan ‘n geiser gewerk het.

Shawn Herbst, woordvoerder van Netcare 911, het gesê nooddienspersoneel het deur die dak van die huis toegang tot die man gekry.

“Die man is ondersoek maar daar was geen tekens van lewe nie en hy is op die toneel dood verklaar.”

Volgens Herbst is die brandweer ontbied om die man se liggaam uit die dak te verwyder.

Die voorval word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Anoniem ·

Sterkte aan Sy Familie ! Baie hartseer ding om oor te kom ! ???

Johnna ·

Siestog dit is baie tragies!sterkte vir die familie in hierdie moeilike tyd.????

anton ·

Ek wonder of hy opgeleide elektrisiën/ Loodgieter was en hy geweet het wat hy doen?
Dink amper nie so nie want dan sou hy mos geweet het om eers die hoof skakelaar van die ”Geyser” af te sit voordat hy daaraan werk.
Baie mense wil ongelukkig self goed herstel sonder die nodige kennis en geld spaar deur nie die regte mense te kry vir die taak nie.
Maar dit bly egter tragies.

Theo ·

Anton ons vra vrae en soms kry ons nie al die antwoorde nie. n ongeluk is so vinnig om te gebeur, mens vra nie vir dit nie. Henrico was n gekwalifiseer Loodgieter wat vir n firma gewerk het. Daar word tans n ondersoek gedoen. Kom ons kyk wat die uitkoms is daarvan. Die media is vol nuus met baie meer inligting. Kom ons ondersteun my familie met liefde.

Cobus ·

Anton ek dink die geyser was nie deur die earthleakage gekoppel nie, hy het dalk die earthleakage afgesit en dit het nie die geyser se krag afgeskakel nie. In elkgeval die earthleakage moes afgeskakel het as die geyser deur dit gekoppel was as dit nie afgesit was nie

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.