’n Onbekende man is Saterdagoggend doodgeskok onderwyl hy glo geürineer het.
Reaction Unit South Africa (Rusa) het in ’n verklaring gesê die voorval het op ’n plaas in Tongaat in KwaZulu-Natal plaasgevind. “Inwoners van die plaas het Rusa omstreeks 04:41 in kennis gestel. ’n Man, vermoedelik 22 jaar oud, het met sy gesig na bo gelê. Sy broek se ritssluiter was afgetrek.”
Volgens Rusa was die pogings om die man by te bring ongelukkig onsuksesvol.
“Die man het glo familie in die omgewing besoek en op ’n gelaaide kragdraad wat aan ʼn huis gekoppel was, geürineer toe die voorval plaasgevind het,” het Rusa gesê.
Volgens Rusa het hulle talle onwettige verbindings op die perseel aangetref.
Kapt. Nqobile Gwala, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media gesê ’n geregtelike doodsondersoek word gedoen ná ’n man in sy 20’s in die Rajkumar-omgewing in Tongaat doodgeskok is.
“Hy het brandwonde aan sy linkerhand en regterbeen opgedoen en is op die toneel dood verklaar. Die omstandighede rakende sy dood word nog ondersoek,” het Gwala gesê.
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
20 Kommentare
Daar is nie meer soeke na privaatheid vir daai ding nie. Word openlik en amper arrogant langs besige paaie gedoen deesdae. Geen skaamte nie.
Baie jammer vir sy familie.
Hoop hulle vind die wat verantwoordelik is vir die onwettige verbindings.
Maar as jy kla oor onwettige kragverbindings is jy rassisties en blykbaar te gewoond aan “wit bevoorregting”
Dis waarvoor daar reels is! Soos als in SA dink almal maak so ek sal ook! Hoop iemand vat verantwoordlikheid vir hierdie man se lewe wat hy geneem het! Dis Moord!!!
Wel dit is basies onmoontlik om so geskok te word want dit n mens urineer nie n solide stroom nie. Dit is soos druppels. Brandwonde aan die hand en been beteken dis hoe hy geskok het. Seker weer Jan van Riebeeck se skuld