Man doodgeskok ná hy glo op gelaaide kragdraad urineer

Foto: Facebook via Reaction Unit South Africa.

’n Onbekende man is Saterdagoggend doodgeskok onderwyl hy glo geürineer het.

Reaction Unit South Africa (Rusa) het in ’n verklaring gesê die voorval het op ’n plaas in Tongaat in KwaZulu-Natal plaasgevind. “Inwoners van die plaas het Rusa omstreeks 04:41 in kennis gestel. ’n Man, vermoedelik 22 jaar oud, het met sy gesig na bo gelê. Sy broek se ritssluiter was afgetrek.”

Volgens Rusa was die pogings om die man by te bring ongelukkig onsuksesvol.

“Die man het glo familie in die omgewing besoek en op ’n gelaaide kragdraad wat aan ʼn huis gekoppel was, geürineer toe die voorval plaasgevind het,” het Rusa gesê.

Volgens Rusa het hulle talle onwettige verbindings op die perseel aangetref.

Kapt. Nqobile Gwala, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media gesê ’n geregtelike doodsondersoek word gedoen ná ’n man in sy 20’s in die Rajkumar-omgewing in Tongaat doodgeskok is.

“Hy het brandwonde aan sy linkerhand en regterbeen opgedoen en is op die toneel dood verklaar. Die omstandighede rakende sy dood word nog ondersoek,” het Gwala gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

Niklaas ·

Daar is nie meer soeke na privaatheid vir daai ding nie. Word openlik en amper arrogant langs besige paaie gedoen deesdae. Geen skaamte nie.

Colleen ·

Onbeskaafd is wat ek dit noem. Doen ek dit, sal ek aangekla word van “public indecency” en ‘n boete kry of toegesluit word.

Se maar net ·

Presies, hy sal nie weer water afslaan waar hy nie mag nie!

Marinda ·

Baie jammer vir sy familie.

Hoop hulle vind die wat verantwoordelik is vir die onwettige verbindings.

Piet ·

Ek stem saam Marinda.
Nog n lewe daarmee heen weens ‘n onwettige krag verbinding. Die probleem is só groot en algemeen dat daar geen beheer meer daaroor is nie.

jaco ·

Maar as jy kla oor onwettige kragverbindings is jy rassisties en blykbaar te gewoond aan “wit bevoorregting”

Cherokee ·

Elektrisiteit ‘n westerse uitvindsel? Die westerlinge het dit bloot gebottel maar weerlig bestaan al laaaankal.

Hester ·

Daar is mos ń tyd en plek om dit te doen. Ek voel eintlik niks

Netso ·

Dis waarvoor daar reels is! Soos als in SA dink almal maak so ek sal ook! Hoop iemand vat verantwoordlikheid vir hierdie man se lewe wat hy geneem het! Dis Moord!!!

Jeán ·

Wel dit is basies onmoontlik om so geskok te word want dit n mens urineer nie n solide stroom nie. Dit is soos druppels. Brandwonde aan die hand en been beteken dis hoe hy geskok het. Seker weer Jan van Riebeeck se skuld

Elle ·

Niklaas en kie,
As jul dalk ooit eendag een trippie in ‘n taxi/bus/trein moet doen
sal jul dalk kan verstaan mens kan net vir so lank knyp…
Nie almal het die luukse om hul SUV te parkeer,
water af te slaan en daarna n Wimpy-ete te geniet nie.

Anoniem ·

Inderdaad, so wanneer hulle op jou grasperk begin urineer en en en gaan jy hulle seker toiletpapier aanbied? Ja?

Ai tog! ·

Gaan ry op die N14 tussen Pta en Krugersdorp hulle staan net voor die garage of net na die garage met hulle eie voertuie en slaan water af. Dis hoe hulle is geen skaamte nie, so jou verskoning gaan nie werk nie.

rollie ·

Wat het dit met liberalisme te doen? Dis bloot menslik om medelye te toon met ‘n persoon wat a.g.v so ‘n ongeluk te sterwe kom. Iets wat jy duidelik nie het nie

christa ·

mans staan mos sommer langs die pad en hul besigheid doen. Hulle het geen skaamte nie.
Waar is die tyd at jy agter ‘n boom gaan sit om jou nood te verlig?.

Anoniem ·

Elle, as ek kyk na die geografiese area twyfel ek baie sterk of daar nêrens ‘n boom in sig was nie. Kom nou, KZN het welige plantegroei?

JM ·

Hy kon dit gedoen het voordat hy geloop het. Die taxis stop nie by die Wimpy’s nie want “time is money”.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.