Man doodgeskok op Meyerton-plaas

Argieffoto: Johni Edwards

Argieffoto: Johni Edwards

ʼn 38-jarige man is Saterdag op ʼn plaas in Meyerton in Gauteng doodgeskok.

Athlenda Mathe, woordvoerder van Netcare 911, het gesê die man het ’n boorgatmasjien hanteer toe hy glo omstreeks 14:30 met oorhoofse kragkabels in aanraking gekom het.

“Toe paramedici van Netcare 911 op die toneel gekom het, het hulle dadelik begin om hartmassering toe te pas. Hulle het sowat 30 minute tevergeefs probeer om die man by te bring. Hy is op die toneel dood verklaar,” het Mathe gesê.

Die polisie doen ʼn geregtelike doodsondersoek.

Lees die opvolgberig hier: Pa van twee sterf terwyl hy doen waarvoor hy lief was

Willem Venter. Foto: Verskaf.

Willem Venter. Foto: Verskaf.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

CHRISTOFFEL ·

Vroeërjare was daar altyd ‘n kennisgewing op boortorings :”KYK OP EN LEEF”

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.